Ek is hier, ek is net neukenaarloos. Nou al van die naweek af. Miskien kry die IT-ouens hom reg, wie weet. Wie weet ook wanneer so ‘n gebeurtenis moontlik mag plaasvind. So intussen ploeter ek maar voort op ‘n ander klein speel-speel laptoppie wat hopeloos te klein vir my vingers is, maar dit was darem makliker as om my hele iMac saam werk toe te sleep.
(Ja, ek kon seker by die werk ‘n “loan unit” of watookal gekry het, maar dis net veel makliker soos wat dit nou is.)
Ek pak sommer my goed op en gaan plaas toe!!
Shame, hope they fix it soon!
I’m back!!
Ag, sterkte, ek kom iets oor as dit met m moet gebeur – totally hooked. Jy kan altyd weer see toe kom!
Klink na ‘n goeie idee!
My klein speel-speel laptoppie(mens noem hulle NETbooks, oor hulle net-net groter is as ‘n selfoon ;- 0) het sommer net ophou werk. En ek het vir twee maande ORAL gesoek na sy waarborg bewys. Ontdek hom toe so twee weke gelede in my matriek pennesakkie(????????)
Die waarborg het net vier dae voor die “ontdekking” verval.
Agge nee, dis nou slegte nuus!
Ek het al baie gewonder oor die verskynsel dat goed altyd breek net NA die waarborg verval.