Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘dieremishandeling’

Byna elke oggend gaan sit ek en lees drie koerante.  Op die eerste spul bladsye is dit maar gewoonlik net ‘n hoop moord en doodslag en terrorisering van onskuldige mense.  Elke liewe dag, tot die mate wat mens later dit byna nie meer “sien” nie.  So asof die mense nie meer mense is nie, maar bloot statistieke van iets wat iewers anders buite jou milieu gebeur.

Dis dan seker nie vebasend nie dat daar so ‘n ongelooflike vlaag van dieremishandeling oor die land spoel nie.  Ek meen, as mense nie respek vir mekaar het nie, hoe gaan hulle dan resprek vir ander spesies hê?

Wat ek wonder is oor die verskil in mense se reaksie oor die geweld teenoor mense en diere.  Hoekom reageer mense so heftig oor renosters en katte in asblikke en nie wanneer dieselfde met mense gebeur nie?  Is dit omdat almal afgestomp is, of het diere belangriker as mense geword? Of is dit omdat diere onskuldig is en nie so wreed teenoor mense is nie?

Advertisements

Read Full Post »