Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘see’

Toortsie en Seegogga het beide gevra ek moet oor vuur skryf, so ek het seker nie ‘n uitkomkans nie ūüėČ

Die versengende hitte van die grys gebakte woestynrotse wat teen die kante van die Swakoprivier uittoring tap die drif uit die alleenman wat in die vaal mika-gespikkelde poeierstof voortploeter om by die see uit te kom.¬† Hier en daar haak ‘n daalderbossie op ‘n hopie sand vas tussen verdwaalde houte wat vaalgroen wag vir eendag se water.¬† ‘n Snede van ‘n lankalgedig haak soos ‘n wind in sy ore vas:

 

En die geckos klop wie-ghie-kjie-kjie

as sekelmaan die sterreskitter probeer oorskadu.

Die daalderbosse wag gedwee

dat stofbedekte tamariske hulle blaar vir blaar

uitdobbel, met stemme

wat bruisend teen die rotswalle uittrommel.

 

Hy ruik die visserigheid wat van die see af aangespoel kom en wonder of sy kop begin losraak as hy die bierbottels hoor klap en die hops in sy neus opkruip.¬† Sy voet haak vas net toe hy opkyk en ‘n jakkals onder die kameeldoringboom sien l√™ met ‘n tong wat druppels sweet uit hyg.¬† Struikel struikel val hy tot die pad gelyk raak en hy ‘n bakkie van agter hoor aankom.

 

Agter op die bakkie moet hy gou nader aan die kap skuif, weg van die koue seelug se byt as hulle oor die laaste duin die dorp in ry.¬† Die geur van Duitse br√∂tchen slaan uit die bakkery op as die gekhakiede gids hom langs die straat aflaai.¬† Dan drentel hy rustig af see toe en wag op ‘n bankie dat die vuur in die see verdrink, op sy eie – met die foon wat nooit lui nie.

 

 

Alleen in Swakop

 

 

Die son kan verdrink maar die groot vuur hou nie op om te brand nie.

Read Full Post »