Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘boerbrakke’

Olga het my getag, maar ek gaan so bietjie kroek, ek loer nie die pryse so noukeurig as ek daar by ons vriendelike Fruit & Veg (en deesdae ook & Vleis & Vis & ens.) invaar nie.

Terloops, waar die term boerbrakke vandaan kom het ek geen idee nie (miskien is dit honde wat so liefgehê word dat jy hulle van liefde kan opvreet!), maar ons verwys na vetkoeke wat met kerriemaalvleis gevul is as boerbrakke.

Vetkoeke

Maak gewone witbrooddeeg aan (dit behoort seker so R8-10 te kos)

Maak gholfbalgrootte balletjies deeg en druk effe plat.

Laat rys vir ’n paar minute.

Braai in diepvet tot goudbruin. (ek het mos darem nog olie in die huis :-))

Dreineer op kombuispapier.

Kerrievleisvulsel:

1 kg maalvleis (maak hierdie bietjie minder om by R50 in te pas)

2 uie, gekap (of gebruik uievlokkies, dis mos weereens klaar daar)

2 huisies knoffel, gekneus en gekap (jip, nog ‘n kortpaadjie)

1 of 2 eetlepels kerriepoeier (en nog een)

1 eetlepel borrie (lyk my ek kroek nou al laaaang stukke)

sout en varsgemaalde swartpeper

blatjang

Braai die uie in ’n pan met bietjie olie tot deurskynend en goudbruin.

Voeg die kerrie, borrie en knoffel by en roerbraai vir ’n minuut of 2.

Voeg die vleis, sout en peper en blatjang by en roer goed sodat die vleis nie klonte maak nie.

Prut vir so 20 minute of tot jy sien dis nou net reg.

Om te bedien, sny ’n gleuf in die kant van die vetkoek en vul met maalvleis.

(Mmmm…. lyk of ek bietjie gaan sukkel om onder R50 uit te kom hiermee, maar mens hoef seker darem nie elke keer ‘n vol pak/bottel/watookal van alles te koop nie of hoe?!)

EN:  Orige boerbrakke is heerlik die volgende oggend met appelkoos-konfyt of kaas.

Read Full Post »