Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Mei, 2011

Winterlag

 

As die somer verander in herfs in winter voor die somer son gemaak het op die groen gras wat met pekanneute gesaai is onder die geelbruinblare, waai die hessianfee haar staffie as die blaarkabouters windsurf op die blare en mekaar met akkers gooi. As die wingerdblare wynrooi raak en die akkers uit hulle bekers val dink die hadeda’s aan gevriesde carpaccio erdwurms met die ryp wat spierwit lê en diamante knipoog op die gras en knipoog in die oggendson.

 

Op die berg waai sy kuif deurmekaar en klap die suikerkanne teen die speldekussings.  Hy draai om en glimlag.

Advertisements

Read Full Post »

Ek is maar net

Soos Gloria Gaynor sing:

 

I am what I am

I am my own special creation

So come take a look

Give me the hook or the ovation

It’s my world

That I want to have a little pride in

My world

And it’s not a place I have to hide in

Life’s not worth a damn

Till you can say

I am what I am

 

I am what I am

I don’t want praise I don’t want pity

I bang my own drum

Some think it’s noise I think it’s pretty

And so what if I love each sparkle and each bangle

Why not try to see things from a different angle

Your life is a sham

Till you can shout out

I am what I am

 

I am what I am

And what I am needs no excuses

I deal my own deck

Sometimes the aces sometimes the deuces

It’s one life and there’s no return and no deposit

One life so it’s time to open up your closet

Life’s not worth a damn till you can shout out

I am what I am

 

I am what I am

 

I am what I am

And what I am needs no excuses

I deal my own deck sometimes the aces sometimes the deuces

It’s one life and there’s no return and no deposit

One life so it’s time to open up your closet

Life’s not worth a damn till you can shout out

I am what I am

 

 

Read Full Post »

In 1985 het ek ‘n koshuiskamer saam met ‘n lewendige rooikopseun gedeel wat op daardie stadium in Oshakati gebly het.  Ek het al vergeet hoe ons munte by die SA Munt bestel het (en as ek reg onthou nog die Australiese Munt ook).  Ons het saam in Oshakati gaan kuier met die army bus wat 60km/h gery het al die pad van Grootfontein af Oshakati toe en heelwat kattekwaad aangevang.  Sy pa is aan die einde van die jaar verplaas en ons het heeltemal kontak verloor – tot hy my so paar maande gelede op Facebook opgespoor het.

 

Groot was my verbasing toe ek uitvind dat hy en sy familie die Ceres Zipslides (foefieslides soos ons dit genoem het) bedryf.

 

Hierdie naweek het ek die geleentheid gekry om weer vir Gawie te sien en op die slides te gaan ry.  Wat ‘n ondervinding!

 

T.s.v. die 26 jaar sedert ons mekaar gesien het was dit asof ons mekaar gister laas by die koshuis gesien het en ons het geklets soos vinke in ‘n doringboom.  By my aankoms het die son nog geskyn, maar met al die geselsery was die kouefront al bo-op ons teen die tyd wat ek uiteindelik in my reënpak (dankie Vader tog!) en my harnas was.  Maar nou ja, in for a penny, in for a pound!

 

Die gids wag vir mense om oor die kloof met waterpoele onder te gly

 
Die slides begin met ‘n kort plattetjie en raak dan al steiler (vinniger) en langer soos dit aangaan.  Ek het veral die vinniges en langes baie geniet, dis nogal blitsig in die nattigheid.  Die langste slide is 240m, wat soos ek dit verstaan, die langste in die land is.
 
Daar was ‘n paar klein kinders in die groep en ek dink hulle het dit die meeste van almal geniet!  In elk geval, dis iets wat min of meer enigiemand kan geniet, maak nie saak hoe oud of jonk, fiks of onfiks, atleties of onatleties jy is nie.
 
 

Ek kyk hoe die mense ingly (ek lek daai kabels se gat om te breek van daai ankers af)

 
 
 
Ek het al voorheen by hulle kompetisie in die Tsitsikamma gery, maar vir my was hierdie ongelooflik professioneel en vriendelik, die toerusting was splinternuut en baie goed versorg, so ek sal dit regtig baie sterk aanbeveel as jy iets opwindends wil doen!
 
Dankie julle, dit was heerlik!
 

Read Full Post »

Pampoen

Pampoenvark

 

Die vet geel blomme lag en draai in die wind 

as byevoete hulle kielie,

maar die knopperige vet pampoene

se senu’s stort ineen

as die ystervark byt byt byt.

Read Full Post »

‘n Klein begraafplasie naby die plakkerskamp by die kruis by Tarlton waar jy Krugersdorp en Magaliesburg toe gaan.  Vroeg in die oggend is die gras spierwit geryp, met bottels wat orals oor die grafte gesaai rommel.  Die gras het die swakgemerkte en grafsteenlose grafte oorgroei dat jy daaroor val voor jy sien jy trap op ‘n graf.  Dit ruik soos stront en daar is twee voetpaadjies tussen die lang gras uitgestap.  Nie een van die grafstene is meer leesbaar nie.

Iemand is daar begrawe.  Miskien iemand se pa, miskien iemand se ma, se kind, se oom, se tannie, se geliefde.

Lankal vergete, ‘n plek om bottels en blikke eenkant te smyt.

Read Full Post »

 

Soos Charles Bukowski skryf in “Notes of a Dirty Old Man”:

the unsecurity of knowledge was the same as the security of no-knowledge.

neither was superior, neither was anything.

 

(Wat seker min of meer dieselfde is as die Prediker se: “Ek het by myself gedink: die lot van die dwaas sal my ook tref, wat help dit my dan dat ek soveel wysheid het? En ek het vir myself gesê: ook dit kom tot niks.”)

 

Read Full Post »

 

Ek weet nou nie of mens dit nog herfs kan noem as dit ses grade in die oggend is nie (ek het amper daaraan gedink om vanoggend my handskoene aan te trek toe ek werk toe ry).  Maar hierdie jaar se herfs, waarskynlik na die baie reën en koel somer, is meer intens en kleurvol as wat ek dit kan onthou van vorige jare.  Soggens as die son begin opkom skyn dit goue glitter op die grasperk waar die neutboom sy blare en pekanneute op die gras strooi as niemand in die nag kyk nie.  Die hadeda’s se blougroen vere flits in die son as hulle snawels die in die grond wurmpies oppik.  Bedags begin dit lekker raak om in die sonnetjie te sit en lees sonder om ongemaklik warm te word.

Herfstuin

Soos Ingrid Jonker geskryf het:

Moenie slaap nie, kyk!

Agter die gordyne begin die dag dans

met ‘n pouveer in sy hoed

Read Full Post »

Older Posts »