Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Julie, 2011

Kleinhuisie

 

Mense kan baie nostalgies raak oor hulle kinderdae, maar die een ding waarna niemand seker verlang nie is ‘n kleinhuisie.  Op Okanakasewa was daar ‘n kleinhuisie so agter die stoor.  In die dag was dit nie te sleg om daarheen te gaan nie (as mens by die spinnekoppe verby kyk en jou neus toedruk), maar in die aand moes jy met ‘n flits in die donker soontoe loop.  Daarnatoe was nog OK, maar oppad terug huis toe het dit altyd gevoel of iets jou van agter gaan kom vang.

Read Full Post »

So en sulke

 

Hoekom kan kinders nie die verskil tussen “so ‘n” (een) en “sulke” (meer as een) verstaan nie.  Hulle vertel vir my hulle juffrouens en menere praat ook so verkeerd.

 

Gister vertel my een seun dat van die juffrouens ook praat van “ek val die trap af”. Ek kan maar net sug en my oë rol.

 

Read Full Post »

 

Druppels marsjeer in skewe rye al die ruit uit.  ‘n Kar se ligte wink flou in die storm, met boë water wat ‘n wit trourok daarom sprei.  Die skare bome wieg heen en weer in kortstondige verwelkoming terwyl die verkeerslig ‘n lang rooi tapyt uitrol as die wiele nader plas.  Daar val akkers op my kop as die blou ligte straataf jaag.  Die donderweer brom brom tot die lang maer druppels nader spring.  Middernag se skaduwolke verpoos alleen, want die moeë wind raak stil, of die maan gaan slaap.  Aan slaap offer ek my kragte.  Reën, breek jou vaas vol koue trane, want smôrens ontwaak weer my wil.

 

 

 

(met erkenning aan Alfred Tennyson se “In Memoriam” en Percy Bysshe Shelly se “Remorse” (ek sien toevallig vanoggend hy het dit verby 27 gemaak en darem deel van die 29-klub geword))

Read Full Post »

Op my bedkassie

 

 

Dis seker tyd dat ek ‘n slag erns maak om die spul boeke op my bedkassie bietjie weg te werk boekrak se kant toe.  Tussen die William Burroughs, Charles Bukowski, Frederico Lorca en Antjie Krog is daar nog die boek oor Tretchikov, boeke oor sampioene, kuns, Nieu-Bethesda en ‘n hele spul ander goed.  Soveel boeke, so min tyd…

Read Full Post »

 

 

 

Die wind gekom in rooi

deur die verbrande pas

en verander in groen

onder by die rivier.

En sal weer omvorm in violet

geel en …

Oor velde gesaai met saad

‘n uitgestrekte reënboog

 

(My gebrekkige poging om ‘n stukkie van Frederico Garcia Lorca se “Historietas del Viento” te vertaal)

 

 

By die stasie wat deesdae net gebruik word om mielies op te laai staan ‘n groot ou perskeboom, oortrek van die pienkste mooi bloeisels langs ‘n verlate ou stasiegeboutjie.  Dan wonder mens, is dit goed of sleg dat hy nou al bloei?  Gaan hy eerste wees met sy perskes, of gaan daar nog ‘n groot koue kom wat al die vruggies pikswart gaan vriesbrand?

 

Read Full Post »

Gryskat

 

Gryskat se storie het begin op Okanakasewa, die plaas (so 40km van Grootfontein af) wat ons gehuur het voordat my pa self plaas gekoop het.

 

Een dag stap ek in die veld naby die huis rond met die windbuks, besig om fisante te jag, toe ek hoor ietsie miaau-miaau so iewers in die bos.  Loop diekant toe om, daaikant toe om, maar kry niks nie.  Na ‘n lang gesukkel sien ek toe uiteindelik so ‘n klein ou katjie wat in die bos aan ‘n tak hang.  Soos enige barmhartige samaritaan seker maar sal doen, steek ek my hand uit om die dingetjie af te haak. Sjoep! “Eina, magtig!”  krap daai klein kietertjie vir my met haar agterpote uit pure beneukgeit.  Na nog ‘n paar probeerslae wikkel ek maar terug huis toe om pa en boeties se hulp in te roep.

 

Met ‘n groot gesukkel, en klomp rooi hale oor die hande, kry ons uiteindelik die katjie uit die bos uit en vat haar huis toe.  Sy was brandmaer, maar ons het behoorlik gesukkel om haar te oortuig om te begin drink en eet.  Gelukkig het dit ook oorgegaan en sy het begin deel word van die gesin.

 

Een dag ry ek en my ma (en ek dink my jongste broer het op die agterste sitplek lê en slaap) en natuurlik die grys kat plaas toe.  Net so ‘n paar kilometer voor ons plaas het dit verskriklik baie gereën die vorige dag, so die grondpad is net een groot modderplas.  Die hele tyd gly die ou kar heen en weer oor die pad, maar alles gaan darem vorentoe so teen ‘n slakkepassie.  Ek en my ma sit en gesels nog so oor hoe baie dit gereën het en hoeveel goggas teen die ruit vasvlieg, toe tol die kar net so WOEP, reg in die rondte, in die veld in, tot binne ‘n pan vol water.

 

Daar sit ons toe, vrou en kinders (en die kat waarvan ons in die opgewondenheid heel vergeet het).  Na ‘n groot gespook kry ons darem die kar uit die water uit en het net weggetrek toe ons agterkom die kat is weg! O genade, wat nou?

 

Soek, soek, orals, maar min te sien van die kat.

 

Uiteindelik kry ons die kat – nooit my pa vertel van óf die advance driving course oefening óf van die kat wat weggeraak het en waarna ons so lank gesoek het nie.  Maar ek het darem heelwat beter geweet wat om te doen toe dit die eerste keer my beurt was om beheer oor ‘n voertuig te verloor op ‘n modderpad!

 

Later van tyd het die kat my pa op sy skoot geselskap gehou as hy alleen in die aande voor die TV gesit het, nou nie dat jy dit sou kon dink as jy hoor wat dink hy van katte nie!  Jy kon nie ‘n pakkie chips enigiets nader as 500m van haar af oopmaak nie, dan was sy binne sekondes daar om te kom deel.

 

En soos plaaskatte maar maak, het sy elke liewe jaar ‘n werpsel wildekatjies gekry – geniepsige klein goedjies!

 

Maar die kat het, ten spyte van al haar wedervaringe nooit ooit ‘n ander naam as KAT gehad nie… Wonder nou nog hoekom?

 

NS: Ek het ‘n sterk vermoede dat ek meer as een kat in hierdie storie ingesplits het, maar dit maak ten minste vir ‘n beter storie!

 

Read Full Post »

Wanderlust

 

 

Soos Breyten Breytenbach in Veil of Footsteps skryf:

 

The urge to get up and go – to travel, to follow the beckoning horizon, to leave oneself behind and thereby approach inner silences and spaces – that need must be as old as our awareness of mankind.  Stopovers will be places of the imagination but also stations of survival…

 

terwyl jy na Nick Cave en Pink Floyd en Metallica en Andra luister en sommer aan niks dink nie, net die pad in jou gedagtes vasvang.

Read Full Post »

Older Posts »