Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Maart, 2011

 

Ek verstaan as jy besig is en nie ‘n ellelange relaas terugskryf oor elke grappie wat ek vir jou stuur nie.

Ek verstaan dat mens deur fases gaan waar jy meer en minder nodig het om met jou vriende te kommunikeer.

Ek verstaan dat niemand, hoeveel te minder nog ek, die reg het om in jou binneste kamer in te kom nie.

Ek verstaan dat mens partymaal net op ‘n ander golflengte is.

 

(en terloops, vriendskap gaan nie net oor wanneer dit goed gaan en alles smiles is nie, dit gaan ook oor wanneer jy wonder of dit die regte besluit was en duimvashou as dinge nie so lekker gaan nie.  Dit gaan ook oor dinge verander en lyk anders deur ‘n nuwe bril, maar ek is nog steeds jou vriend.)

 

NS: as ons vriendskap ‘n eenrigtingstraat is, sit darem net ‘n padteken op dat ek weet.

Read Full Post »

 

Ma ryg sosaties in

 

Vanoggend stry die seuns oor wie “skuld” vir wie gunsies en geld vir hulp wat hulle aan mekaar verleen het.  Na ‘n tydjie vra ek of hulle al die gesegde gehoor het:

 

“Een hand was die ander en so kom albei skoon”

 

Sê die een: “Jis pa, dis seker ‘n baie ou spreekwoord, ons het dit nog nooit gehoor nie!”

 

Dit het my nogal aan die wonder gesit: is dit omdat dit ‘n ou spreekwoord is, is dit omdat dit nie meer is hoe ons leef nie, of is dit maar net dat hulle dit toevallig nog nie gehoor het nie en eerder praat van goed soos “pay it forward”?

Read Full Post »

NP van Wyk Louw skryf (Tristia – Elegiese verse):

XIII

Toe jy kind was, het jy gedink:

daar sal groot dinge kom uit my,

groot dinge, grotes en goeies –

soos ‘n seun moet dink, natuurlik.

En: die groot is gesplits, én die goeie,

nou:

en in plaas van net groot en net goed,

het daar verskriklikheid en eenvoud

en boosheid en eenvoud

en eenvoud en nederigheid

– gesprikkelde sampioene,

deur die teer, uit die teer van die straat,

keiserlik rooi en wit

by die breuk uit wat jy is, kom peul.

Die aarde is nie eenvoudig.

Wat as ons eendag wakker word en ons is net gewoon? Net doodgewoon, presies soos al die ander gesiglose naamlose mense wat dag na dag by ons verby ry en loop.

Wat as ons maar net ‘n doodgewone huisvrou is wat elke dag weer van voor af die skottelgoed was, ‘n doodgewone middelmatige mens wat elke oggend met ‘n pakkie toebroodjies werk toe ry en vanaand weer terugkom?

Wat as ons skryfsels maar net nog bla bla bla bydraes tot die informasie-oorlading van elke dag is? Wat as ons gedigte maar net rympies en ons skilderye net prentjies is?

Wat as ons nie eintlik spesiaal en anders en uniek is nie? Wat as ALMAL voel hulle is anders en uniek?

Wat dan?

Maak dit saak?  Maak dit van ons minder mens?  Maak dit van die ander doodgewone middelmatige naamlose gesiglose mense minder mens?  Moet ons dan net ophou PROBEER en aanhou poog om dieselfde te wees soos al die ander doodgewone middelmatige naamlose gesiglose mense, om in te pas in en by die daaglikse oor-en-oor middelmatige pas?

Read Full Post »

Die hekkie

Al hang die hy skeefbek en uittand aan geroeste skaniere, al swaai die planke uit pas in die wind rond, al sit die jare en jare se wees en leef taai op die skilferkors verf, staan my hart se hekkie oop.  Jy is altyd welkom om in te kom en te kom kuier, rustig op my hart se stoep te sit en kyk na die berg.

Read Full Post »

Kwak-kwak-kwak

 

Op hierdie heerlike Vrydagoggend wens ek solank vir julle ‘n heerlike naweek toe, ek wens ek kon lekker in die Overberg rondkarring en lui-lê!

(ja toe, moet my nie so skeef aankyk nie, ek probeer maar net vriendelik wees!)

Read Full Post »

Geluk!

 

Veels geluk met Pa se verjaarsdag, hoop dis ‘n wonderlike dag.

 

(Al kan Pa nie meer so maklik teen die windpomp uitklim nie!)

 

Read Full Post »

 

Wat jy nie kan hoor van die foto af nie is die geweldige lawaai van die gasbranders wat die lug verwarm en wat jy nie kan voel nie is die hitte wat dit afgee.  Maar wat jy kan begin om te sien is die ongelooflike ondervinding van die savannes wat onder jou verbyrol terwyl jy duisende der duisende diere sien en tot in Tanzanië kan kyk.

Read Full Post »

Older Posts »