Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Swartruggens’

 

Die Tulani “rivier” is gewoonlik net ‘n klein droë lopie met ‘n paar fonteine en hier en daar ‘n kuil vol krappe.  As dit reën soos dit die laaste paar weke gedoen het is dit ‘n heeltemal ander storie.  Dan raak dit ‘n brullende massa water wat alles wegvee wat in die pad kom.  Bome, rotse, drade, brue word nie gespaar nie.  Om daaroor te probeer ry terwyl die rivier afkom is nie eers ‘n opsie nie.

 

Nadat die ergste water al verby is

 

Dele van die bruggie hier bo (die foto is 2 jaar gelede geneem) is nie meer met ons nie, of eintlik, dis ‘n hele ent die rivier af 😉

 

‘n Boom wat in die pad was

 

Wat interessant is as mens loop en kyk na al die mag en krag wat die water in sy woede gehad het, is om te sien hoe groot bome en swaar rotse meegesleur is, terwyl klein ou plantjies nog steeds geanker staan op die rivierbodem.

 

Nadat ek eenmaal sonder ‘n boot by drie rapids by Vic Falls af is en so byna-byna versuip het, het ek nogal ‘n baie gesonde respek vir die krag van water…

Advertisements

Read Full Post »

Skuins verby die imposante klipkerk op die bult dwaal jou oë na regs oor die klein dorpie Swartruggens as jy met die hoofweg ry oppad na Oom Schalk Lourens se wêreld toe.  In die verte kan jy dof uitmaak 1911 in effe verweerde swart verf op die gewelhuis.  Op ‘n dag besluit ek om af te draai en die huis van naderby te gaan bekyk.  Dit was of jy terugtree in ‘n oorlog van ‘n eeu gelede.

Ek het so baie al gewonder hoeveel liefde en aandag dit sal vat om weer ‘n tuiste hier te skep.

Read Full Post »