Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘perde’

Knap

 

Vandag is so ‘n heerlike dag, ek verlang sommer na grootword op die plaas en partymaal sommer tweekeer op ‘n dag lekker ver gaan perdry.  My pa het Knap (waar die naam vandaan kom, weet nugter alleen, maar dit was nogal baie gepas) by ‘n werker op ‘n buurplaas gekoop.  Van die begin af was dit ‘n baie lewendige perd en dit was eintlik net ek en hy wat die perd onder beheer kon hou.  Maar genugtig, was dit nou ‘n plesier om met hom te ry!  Hy het later net spoorloos verdwyn.  My pa het die hele kamp deurgesoek, maar met die reuse erdvark- en ander gate kon hy baie maklik soos ‘n groot speld verdwyn.

Die kraak van die blare in die duin as die perd ritmies daarop trap, met die groot dolfhoutbome se blare wat begin uitkom en die fisante wat onder die swarthaakbosse wegskarrel en dan uiteindelik opvlieg om weg te kom.  Die reuk van die ryp gras in die warm son, die swiep van sy stert om die perdevlieë weg te jaag.  Die vlakvark wat op sy knieë staan en eet en nie agterkom jy sit en kyk vir hom nie.  Die sonbesies wat oorverdowend in die bome sit en raas.  Hoog bo in die lug ‘n berghaan met sy vlerke wat soos ‘n langboog gekleur is en sy kort stert.

Read Full Post »

Perdry was maar nog altyd in my bloed en min of meer van sy eerste skree af was my een seun versot op perde.  Nie almal in ons familie hou so baie van perde nie, maar daar is net iets aan die lewendigheid en interaksie wat perdry ‘n spesiale plekkie in my hart gee.

Hier is ‘n paar kiekies van ons spul perdryers en perderuiters oor die jare heen (verskoon maar die kwaliteit, meeste van die foto’s is ingescan.  Ek weet ongelukkig nie wie het al die foto’s geneem nie, so ek kan ongelukkig nie behoorlik erkenning gee nie):

My oupagrootjie in sy pak klere op Prins

My oupa ry gimkana*

* Ek was altyd onder die indruk dat dit “gymkhana” soos in Engels gespel word, maar hierdie is die regte spelling volgens die HAT.  Die woord kom van die Hindi-woord “gendkhana” wat balhuis of raketbaan beteken.

My pa doen 'n handstaan op sy perd

My pa is geweldig sterk.  Hoe hy die perd so mooi stil laat staan het weet ek nie regtig nie.

Ek en my broer met ons perde

Ek is verskriklik spyt die kwaliteit van hierdie foto is so swak, ek is mal oor die foto!

My seun op Sugar

“Pappa, hoe leer mens na skool vir ‘n perderuiter?”

Read Full Post »

Perdry

 

 

 

Sweet Sugar

 

 

Wat ‘n heerlike perdjie (of ponie is seker meer korrek)!

 

En ewe skielik moet klein meneer sy sit en staan ken en sy voete uit die perd se lieste hou dat sy hom nie aflaai nie.  Niks beter om behoorlik te leer perdry as ‘n lewendige perd nie 😉

 

‘n Mooi perd is darem maar mooi.

Read Full Post »