Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘beeldhouwerk’

Een van my gunsteling Suid-Afrikaanse beeldhouers, Eduardo Villa, het aan die einde van sy lewe die “fout” begaan om op dieselfde dag as Osama bin Laden te sterf.  Dis nogal tragies om slegs hier en daar beriggies van so ‘n wonderlike mens raak te lees in die koerante en op die internet.

(As jy belang stel, hier is ‘n kort stukkie wat op die timeslive webblad verskyn het oor hom).

In die tuin tussen van ons geboue staan twee van sy werke (in ‘n boek oor Villa is hulle nogal krities dat beide werke weggesteek is en nie tot hulle reg kom nie – wat myns insiens nie heeltemal ongeregverdigde kritiek is nie).

(In die visdam aan die agterkant van die Investec-gebou)

(Op die grasperk langs die gebou).

Ek het eenmaal vir ons kuns kurator gevra hoekom hulle maar nie eerder die groep perde op die tweede foto laat verf nie, dit lyk nogal flenterig so half geroes half geverf.  Toe sê hy hulle het met die ou man (Villa is oorlede op 95) gepraat, hy wil hê dit moet bly soos dit is, dit is soos dit veronderstel is om te wees 🙂

Nou ja, hy is nou waar mot en roes nie meer verniel nie.

Read Full Post »

Manolo Valdés is een (daar is so baie!) van die puik Spaanse beeldhouers.  Hier is ‘n paar foto’s van sy werke.  Die eerste beeld staan in Bilbao en die ander op die strand in San Sebastian.

En dan onthou jy van Carabaña en die Thyssen en die Reina-Sofia en Pedraza en bierdrink in Chinchon en stap in die nag langs die akwaduk in Segovia en wynkoop in Llevia en hoeveel mense in San Sebastian was en, en, en nog soveel ander onthoue.

Verlang is nie altyd eenrigting nie en dis nie altyd oor ‘n plek nie.

Read Full Post »

Die horing-helmets is in brons gegiet, maar dit was maar net die begin van die werk.  Die foto’s is geneem voor alles klaar is (dit eintlik nog steeds nie klaar nie, maar mens kry darem die idee!):

Die basis - van ou sleepers wat onder 'n tenkstaander uit kom

Die Rhodesian teak is ongelooflik hard, sonder water is dit binne sekondes net ‘n bol rook as jy met die gatboor boor!

Die enkelvegter se basis met 'n ou waterpyp op die sleeper vasgesweis

Die yster op die sleeper is deur jare se treine heel skeef getrap.

Detail van die een masker

Die horing se patina lyk byna op ‘n haar na die kleur van die beeshoring wat gebruik vir die kleibeeld.

Detail van een van die maskers se "sterte"

Die sterte lyk almal verskillend, met leer (met gesoldeerde patrone op), klinknaels en kabels, rou riem en koperdraad.

Drie vegters groep

Hoe die drie vegters se groepie min of meer lyk

Read Full Post »