Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Februarie, 2011

 

Nadat dit laasjaar gevoel het of die reën nooit gaan opdaag nie, kan mens amper nie dink dat dit nou so oorvloedig groen en nat is nie.  Dis darem maar wonderlik!

 

Selfs langs die dam syfer die water boontoe

Read Full Post »

Selfs ek begin nou al opgewonde raak daaroor 🙂

 

Read Full Post »

Doen-dit-self

Op ‘n muur in Kagiso: graffiti wat besig is om dit self van die muur te wis.

‘n Storie van verval of ‘n storie van die verganklikheid van die mens of ‘n storie dat die wiel maar aanhou draai?

Read Full Post »

Hoekom nou eers?

 

Soos die nuus van Lucas Maree versprei het het een na die ander Facebook status hulde aan hom gebring, is menigte bloginskrywings aan hom gewy, het die koerante vol artikels en briewe oor hom en sy bydrae geraak.

 

Almal het geweet hy is baie siek.  Nou al vir maande lank.  Hoekom sit almal “blomme” op sy afsterwe?  Hoekom het hulle dit nie in sy hande gestop toe hy nog die huldeblyke kon lees, die blomme kon ruik en sien en waardeer nie?

 

As ek eendag omkap, moet tog asseblief net nie ‘n hoeha daarvan maak nie.  Sê maar eerder net good riddance en gaan aan met die lewe.

Read Full Post »

Lojaliteit

Ek weet nie wie het hierdie uitgedink nie, maar dis nogal waar:


“Even though we’ve changed and we’re all finding our own place in the world, we all know that when the tears fall or the smile spreads across our face, we’ll come to each other because no matter where this crazy world takes us, nothing will ever change so much to the point where we’re not all still friends.”

Read Full Post »

Saterdag op die krieketveld

Vyftig kolganse klap hulle vlerke oor die krieketkinders.  Die lae donker wolke druk hulle fluitjiegeskreeu teen die nat groen gras vas.

Read Full Post »

Daar is min dinge wat my so lam maak as om drie ure op ‘n lughawe rond te sit omdat ‘n vlug vertraag is en die personeel net hulle skouers onbelangstellend optrek as jy vra: nou, wat nou?

Read Full Post »

Older Posts »