Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Gert Vlok Nel’

Saterdagaand in Dorpstraatteater (wat nie in Dorpstraat in Stellenbosch is nie, maar op Summerhill wynplaas op die Paarl-pad) het ‘n klomp van my gunsteling kunstenaars onder leiding van die bekende baskitaarspeler, Schalk Joubert, saamgespan om vir Anton Goosen ‘n huldigingskonsert te hou.  Wat ‘n ervaring! Terwyl hulle op gepaste wyse hulde gebring het aan ‘n mentor en baanbreker in die musiekbedryf, het die gehoor die voorreg gehad om van die beste wat Afrikaanse musiek te bied het in aksie te sien.

Dis ‘n klein dinner theatre en almal het heerlik buite op die stoep sit en kuier voor en na die vertoning.  Al is dit heelwat kleiner as die skouspelagtige SAMA’s was dit baie lekker intiem en gesellig!

(Verskoon asb die kwaliteit van die foto’s. Die gehoor was vasgenael en ek wou nie met my mik-en-druk daar voor onder die kunstenaars se neusgate loop inkruip het nie)

Ollie Viljoen het so half as MC opgetree en ook ‘n jazz verwerking van ‘n paar van Anton se liedjies op klavier gespeel.  Dit is wonderlik wat hy op oor die 70 nog met ‘n klavier kan uitrig.

Ollie Viljoen

Gian Groen het onder andere ‘n liedjie van Gansbaai en die Lapa en Skye (lekker dat tot jou hond deel is van die show!) wat hy ‘n paar jaar gelede spesiaal vir Anton geskryf het, gesing.

Gian Groen

Daarna was dit een van my gunsteling digter/musikante!

Gert Vlok Nel sing Kris Kristoffersen

Tuesday’s Gone was ‘n verrassing en ek dink ons gaan beslis meer van hierdie manne hoor in die toekoms.

Tuesday’s Gone

Johrné het solo gesing en ek het regtig daarvan gehou (terloops, Lienka sing vir my net so mooi op haar eie).

Johrné

Die briljante Ramon en Sima (wat vir my baie na Sibongile Khumalo klink) was volgende.  Dit was Sima wat gesê het dat dit so lekker is om hulde te bring aan iemand wat in die gehoor kan sit en dit saam beleef en julle weet mos hoe ek daaroor voel!

Ramon op keyboard en Sima

Laurinda Hofmeyr is begelei deur Sven Blumer en hy het daarna self ook ‘n paar liedjies gespeel.

Laurinda Hofmeyr

Sven Blumer

Daarna het almal saam kom sing:

Laurinda, Johrné en Gian in die middel

En Anton het vir almal kom dankie sê.

Anton Goosen

(Jan Blohm was ook daar, maar hy het net “in sy hart gesing”).

Wat mens opval op ‘n aand soos Saterdag is hoe ‘n integrale deel van ons alledaagse bestaan sy musiek eintlik vorm.  Jy vergeet soms hoeveel honderde stukke musiek hy al geskryf het, hoeveel kunstenaars al van sy werk opgevoer en opgeneem het.  Ollie het ‘n staaltjie vertel van 1985 – en toe was hy al ‘n lank gevestigde kunstenaar!  Laasjaar het hy ‘n SAMA Lifetime Achievement Award ontvang vir sy bydrae tot musiek.

Gaan lees gerus op sy webblad om ‘n klein idee te kry van ‘n paar van die kunstenaars met wie hy al gewerk en gementor het.

Dit was só lekker om te sit en luister hoe almal Saterdagaand van hom vertel het.

Advertisements

Read Full Post »