Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘ma’

 

Nou die aand vra ek die kinders of hulle kan dink dat Ouma ‘n motorfiets gehad het?  Ek dink die naaste aan ‘n antwoord was seker iets soos: “Huh??”

(foto: M Haakman)

 

 

Ek was regtig opgewonde om hierdie kiekie van een van my onderwyseresse se seun te kry (hy is die seuntjie in die foto), ons het nie ‘n enkele foto van die blou blits nie en hy het baie baie myle se diens gedoen.

Read Full Post »

 

'n Ligtoring vir almal om haar

 

 

Die snaaksste ding het ‘n paar maande terug met my ma gebeur.

 

Sy en my pa gaan stap een laatmiddag met die honde.  Terug by die erf staan en strooi hulle (as ek reg onthou) vir die wilde voëls kos toe die honde uitgelate en baldadig mekaar rondjaag.  Die volgende waarvan sy weet, het die honde haar skoon onderstebo gehardloop en sy lê plat op die grond met ‘n baie seer arm.

 

Nou ja, na ‘n inspuiting en pilletjies en salfies en dinge dog sy dit sal maar ‘n paar weke vat om heeltemal te herstel.  Verkeerd!  Sy is nou die dag terug na ‘n ortopeed toe – die een spier in die skouer is afgeskeur en moet so spoedig moontlik weer vasgeheg word.  So, môre word sy opereer.  Vir die soveelste maal die afgelope paar jaar.  Ai tog!

 

Sy sukkel deesdae nogal baie met haar gesondheid en moet kort kort een of ander operasie kry.  Ten spyte daarvan is sy altyd daar, soos ‘n ligtoring in almal se lewens.  En al raak die verf na baie jare bietjie op, bly die ligtoring altyd daar, skyn dit vir almal.

Read Full Post »