Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘maanlandskap’

Maanman?

Ek gesels die naweek met ‘n vriendin wat onlangs in Namibië gaan rondry het.  Sy vertel o.a. toe van die besoek wat hulle aan die maanlandskap naby Swakop gebring het.  Dis vir my een van die fassinerendste plekke om te besoek en van foto’s te neem.  Gooi jy ‘n bietjie water op die grond uit, dan is daar binne minute ‘n kol grasgroen lewe soos wat die ligene “ontwaak”.  Die dorre bergagtigheid laat jou effe onrustig voel en altyd dink hoe dit sal wees om sonder water daar gestrand te wees, ver van alles en almal af.

Dink hoe dit was in die dae voor daar paaie was, voor daar selfone en GPSe was.

Read Full Post »