Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘TT Cloete’

(Ek het ‘n tydjie terug ook hieroor geskryf)

 

 

TT Cloete beskryf dit dat jou tone omkrul van lekkerlees in die eenvoud van die eenvoudiges“:

 

die aarde behoort aan die eenvoudiges

die eenvoudiges se eenvoud is die sout

van hulle aarde wat strek tot in die troposfeer

 

…….

 

alles voeg in die klein kring van die oog

en in ‘n hol hand

                 alles is naby en bereikbaar

daar is geen plek vir ‘n plek

bo hulle vuurmaakplek nie

.

hulle vra nie waar die sterre vandaan kom

en waarheen hulle op weg is nie

die ewige son en maan die sterre is daar

sedert die skepping finaal afgehandel is

.

klip en suurstof was van die begin af

klip en suurstof

.

geseënd is die eenvoudiges

hulle voer ‘n natuurlike bestaan

soos die roos in die tuin fotosintetiseer

en die dolfyn en walvis in die see biologeer

 

…….

 

vir die eenvoudiges is woorde wat op on

begin soos ontevrede of ongelukkig

taboe       onrus is taboe en veral

onseker en onwetend

onthuts of ontwrig en ongemak

en die onbekende

.

woorde wat op ‘n growwe ge– begin soos geluk

of gesond en gewete is hulle skoon besit

en dié wat suutjies uitloop op –loos

soos stryd- en foutloos

.

die enigste konflik is die woord konflik

 

…….

 

hulle hoef nie vir die pyn te oefen

voor die pyn opdaag en knaag nie

.

die eenvoudiges is tevrede met ‘n cv

so netjies verdig

dat dit inpas in ‘n grafskrif

.

makgemaake mossies wat vry is maar die koutjie

met kraanwater en broodkrummels verkies

.

(die gedig is 8 bladsye lank, so ek het maar stukkies hier kom plak)

Read Full Post »

TT Cloete

 

Ek weet hier is ‘n hele paar mense wat van sy werk hou.  Vandag se bloginskrywing kom uit sy nuwe boek “Onversadig”.

 

Net één

“Jy kry één lewe. Net één.

Versorg en koester dit,

vier dit en vind daar vreugde in.

Jy kry één lewe.  Net één.

Neem dit van kleintyd af in vol besit.

Kweek jou eie smaak.  Besin

betyds.  Weet waar om op te hou.

Leef feestelik maar jy kry

net een.  Vermy om blasé

te word.  Leef spaarsaam.  Onthou

daar’s baie soorte vraat- en vetsug

en oorgewig.  Kom liefs tenger

onversadig en honger

maar voldaan terug.”

 

Ek het ‘n tydjie terug geskryf oor om gewoon te wees.  Vir my is die idee nie om te sê dat mense nie almal spesiaal is selfs al is hulle “gewone” mense nie.  Almal is spesiaal op hulle eie manier.  Ek het self net ‘n heilige vrees dat ek eendag gaan wakker word en besef ek het nie, soos Cloete skryf, my eie smaak gekweek nie.  Nie om ander slegter te maak nie, om my net my regte self te maak.

Read Full Post »