Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Oktober, 2010

 

Nou die aand eet ons by ‘n seekosrestaurant saam met ‘n paar kliënte.  Die een ou het sy bril by die huis vergeet en vra vir die kelner of die kelner nie dalk vir die man iewers ‘n bril kan in die hande kry nie, hy kan nie die spyskaart lees nie.

 

‘n Paar minute later daag die kelner op met, tot ons groot verbasing, ‘n hele kassie vol brille!  Brilloosheid gebeur seker met heelwat meer mense as net die mense wat saam met jou is 🙂

 

Brille te kies en keur

 

Nou dat ek daaraan dink; byna almal wat ek goed ken wat bril dra het al by geleentheid moes skarrel vir ‘n bril of vra dat ek moes voorlees uit die spyskaart…

 

 

 

Read Full Post »

Eugene Marais het lank terug reeds die wonder van ‘n donderstorm so pragtig saamgevat:

DIE DANS VAN DIE REëN

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!

Vanoggend is dit net blommetjies en blare en takkies waar jy kyk en stort jy maar vinnig terwyl die weerlig deur die badkamervenster flits 😉

Read Full Post »

 

 

Dis al weer amper tyd om te begin dink aan vakansiehou en weggaan, aan sakke vol seesand en nat handdoeke en skoene wat oral rondlê.  Aan die son wat ondergaan oor die natgewaaide rotse met hulle patroontjies en poeletjies water terwyl die wind liggies deur jou hare waai.  Die tyd van die jaar wat pappa’s weer pappa’s word.

Read Full Post »

Spellende onnies

 

Beide my ouers onderwysers, so ek het min of meer in ‘n “onnie-huis” groot geword.  Ek weet nie of dit maar net is oor hulle spesifieke (baie uiteenlopende) geaardhede nie, maar spelling was nogal altyd deel van leer lees en skryf.  My pa kry nou nog die horries as hy van my skryfwerk lees en ek meen ek spel darem oor die algemeen nie te vrot nie.

 

Aan die ander kant van die spektrum het ek heelparty vriende op Facebook wat ook onderwysers is – in vele verskillende vakrigtings.  Ek staan soms (let wel SOMS, nie ALTYD nie) verstom as ek kyk na die spelwerk wat gepleeg word as van my onnie-vriende soms hul statusse opdateer.  Ek weet nie, ek weet regtig nie – miskien bly ek op ‘n ander planeet om te dink dat mens min of meer moet kan spel om behoorlik te kan skryf en jouself skriftelik uit te druk.

 

 

Read Full Post »

Uit ‘n artikel deur Geraldine Bennet op Moneyweb (http://www.moneyweb.co.za/mw/view/mw/en/page292523?oid=511514&sn=2009+Detail&pid=287226) (verskoon maar die tipiese Afrikaner bashing aan die begin van die artikel):

“Limping-Limpopo

Anthony Turton, a Professor at the University of Free State Centre for Environmental Management, has noted that the Limpopo River basin has the highest water crowding in the country.

“Water crowding” is a global benchmark of sustainability and can be thought of as the number of people per standard unit of water (1m cubic metres).

A water crowding above 2 000 is associated with social instability and is known as “the water barrier” beyond which survival is possible only with massive injections of technology; and a value between 1 000 and 2 000 is considered to be water stressed. In fact a value of 1 000 is accepted as the reasonable upper limit that a given water supply can sustain over time and still retain its resilience to environmental shocks like drought.

No evidence exists of countries continuing to function as cohesive social and economic entities above the value of 2 000 (with the only known exception being Israel a technologically advanced society).

The water crowding for the Limpopo Basin was 4 219 in 2000 and is projected to be a staggering 4 974 in 2025. This will be more that 2.5 times higher than the globally accepted limit of social stability.

According to Turton, this suggests that the Limpopo will be the first region of South Africa to transition into social instability driven by endemic water scarcity, and thus a region to be watched with considerable interest by corporations, government, academia and ordinary citizens alike.”

Almal praat praat praat maar niks word gedoen nie. HKGK.

Read Full Post »

 

 

Kyk bietjie na die foto hierbo.  Wat sien jy?

 

Sommer net ‘n deurmekaarspul?  Wonderlike interessante patrone waaruit mens prentjies kan opmaak soos wanneer jy op jou rug lê en wolke kyk?  Vuil gemorswater?

 

 

Die werklikheid is nie altyd so voor die hand liggend soos wat dit met eerste oogopslag lyk nie.  Partymaal is stinkende skuimwater eintlik kraakvars water wat in die berge deur duisende bome se stamme en wortels tee-bruin gekleur is nadat dit oor ‘n stroomversnellinkie geval het.  Water sonder enige chemikalieë en menslike interferensie (jip, dis ‘n Afrikaanse woord, ek het hom gaan naslaan in die HAT ;-)) wat lekker soet smaak soos boorgatwater wat in ‘n blink straal by die dam se pyp uitspuit.

 

 

 

 

Read Full Post »

Raakvat skrywers

 

Dis nie elke dag dat ek geboei word deur ‘n ekonoom se skryfwerk nie.  Gewoonlik is dit redelik droog en voel dit asof die skrywer dalk nie heeltemal die aarde met die res van die mensdom deel nie.

 

Joseph Stiglitz is ‘n besliste uitsondering op die reël.  Hy het was by die Wêreldbank en het in 2001 die Nobelprys vir Ekonomie gedeel met Akerlof en Spence.  Die eerste boek wat ek van hom gelees het was “Globalisation and its Discontents”.  Dis ‘n geweldige interessante kykie na wat in die breër wêreld-ekonomie aangaan en hy het daarna heelwat werk gedoen in opvolging van die boek en die tema wat hy daarin ontwikkel het.

 

Wat ek baie van hom geniet is hoe sterk van sy standpunte is, gereeld in direkte opposisie met wat reguleerders in die VSA besig is om toe te pas.  Vanoggend in die Business Day verskyn ‘n artikel van hom getiteld “The Fed is getting ready to make another costly mistake”.  In die artikel wys hy daarop dat dit makliker is om borrels in ekonomiese siklusse te voorkom as om groei tydens ‘n resessie te stimuleer.  Dan kry hy ‘n lekker stekie in:

 

“But the Fed, captured for more than two decades by market fundamentalists and Wall Street interests, not only failed to impose restraints, but acted as cheerleaders.

 

Ek weet nie hoekom nie, maar iets gee my die idee hy is nie ‘n voorstaander van ongereguleerde vrye kapitalisme nie….

 

Hehehehe!

Read Full Post »

Older Posts »