Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for April, 2011

Vryland Raka

As jy ooit die geleentheid kry om ‘n wynproe deur Piet Dreyer van Raka by te woon, doen regtig moeite om so te maak, ek het nog nooit so iets in my lewe beleef nie! (Onthou hy is eintlik ‘n visterman en die spreekwoord van “vloek soos ‘n matroos” moet iewers vandaan kom!) Soveel van stories en opgewondenheid oor jou eie produk sal mens sukkel om te kry.

Ek sit nou maar met my siek lyf en snotneus hier in baie triestige weer en proe kastig wyn by sy kelder. Hy is nie nou hier nie, die wynproe het ons daarbo gehad.

Dis ongelooflik wat hulle in so ‘n kort tydjie, in boerderyterme, op ‘n plaas kon uitrig waar daar eers uie en sitrus geplant was.

Kiste en kiste van hulle Cabernet Franc gaan al hulle ander wyn in my keldertjie geskelskap hou, die een boks wat ek gehad het is hopeloos te vinnig op (ek vermoed daar was ‘n gat in die bottel).

Advertisements

Read Full Post »

Soos Victor Dlamini getweet het nou die dag:

“You only have to look at the mass hysteria about the UK wedding & the indifference to Zuma’s daughter’s wedding to grasp colonialism.”

Goeie genade.

Read Full Post »

Van al die water

Gaan die veld weer wakker word, gaan die klein blommetjies weer die veld begin rondstaan as ons piekniek gaan hou.

Read Full Post »

Daar’s ‘n mannetjie in sy keel met ‘n tregter wat hy toedruk as daar normale lugvloei is. Wat op 2 loodblokke op sy longe staan terwyl hy tonne lugdruk binne of buite (net soos hy voel) pomp sodat dit heeltyd soos diepseeduik kan voel om trappe te klim, wat nog te sê van die Houwhoekpas! Empatie, is dit iets wat jy op jou brood smeer?! O ja, dis om die kamerdeur toe te trek en te hoop hy hoop om uiteindelik ‘n slymgevulde emmer met pienk tissues te skop.

Read Full Post »

Vanoggend steek blou stukkies hemel tussen die oranje gekleurde vlieswolkies kop uit. Gisteraand het dit op die sinkdak geklink of iemand ‘n dam omgekeer het. Dis nog baie nat.

Read Full Post »

Lekker stout!

In die dae toe die Scope nog als met sterretjies toegemaak het, het hulle maar die kaalstertmeisies op die plate gesit 🙂

Read Full Post »

Voor die Guggenheim in Bilbao

Op ‘n stoepie teen ‘n koppie in Carabaña, langs die vuur en met rooiwyn

uit Rioja staan en preuwel ons onder die amandelbome terwyl die eekhorings

mekaar in die dennebome rondjaag.  Die stralers maak wit paadjies oor ons

koppe oppad na die bulstad, elkeen met sy eie klank, teen sy eie tempo,

terwyl ‘n hoendertjie en swart morcilla worsies op die vuur sis.   In ‘n

kroegie op die plein van Chinchon drink ons Mahou bier en betreur die

verdwyining van die plein agter die planke van die bulring en kyk na die

omies wat teen die reëlings staan en sommer net staan.  Ons slag ‘n melon,

eet dit met jamon en kaas en neute en navajas – en natuurlik wyn.  In

Toledo haak ons in by Cervantes voor ons die messe en swaarde bewonder,

stop om te kyk en kyk na die dorpie vasgevang in die hoefyster van die

rivier, te wonder oor al die oorloë wat al daar geveg is.  By die

karavaanpark in Segovia sit ons onder ‘n skadunet”kantoor” met wi-fi

(whiefie noem die mense dit), stap langs die romeinse akwaduk en die

romulus-en-remus-beeld van susterstad Rome, eet ‘n varkie en rond dit af

met ‘n paar glase Pacharan (waarvan ek later die bessies in die Pirenees

eet).  In Avila val ek my des moers toe ek kyk hoe die kerkklok lui en

besluit toe maar om ‘n reuse varkoor te eet.  By Torro kom ons voor

dooiemansdeur te staan omdat almal siesta en ons nog in Bilbao moet kom,

anderkant die koel berge wat ons herinner aan Magoebaskloof.  Die

Guggenheim slaan ons asems weg – die doolhowe stamp ons van balans af, die

Louise Bourgeois spinnekop reusagtig skrikwekkend op die rivier, met die

vrolike Jeff Koons tulpe en “hondjie” wat jou net reg laat voel om te gaan

tapas eet in ‘n kroegie naby die rivier.  In San Sebastian (Donostia soos

die plaaslike mense dit noem) is daar ‘n regatta, ‘n ETA demonstrasie en ‘n

baie groot rugbywedstryd.  Honderdduisende mense pak die strate, pleine,

restaurante en kroeë vol om te sing en feestelik te wees, om kiloliters

bier en appelbier en wyn te drink – en niemand baklei nie.  Op die

promenade langs die strand staan Manolo Valdés se reuse brons beelde van

pragtige vrouens, party oud en party modern.  Ons kyk hoe die liggies oor

die baai se stil water gly terwyl die seiljagte rustig aan anker lê.

Read Full Post »

Older Posts »