Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for November, 2010

Salig…

Eerste ding as ek klaar afgepak het op die plaas is om koffie in die blou emalje koffiekannetjie (die groot rooie is vir as hier meer mense is) te maak, op die stoep te gaan sit en net rustig te word.  ‘n Bietjie te kyk hoe die vinkies in die apiesdoringboom (hy’s nou al heelwat groter as vyf jaar terug) nes maak, die suikerbekkies se heen-en-weer tjirpery gade te slaan en te besef dat dit baie baie salig is.

 

 

Plaasdam

 

En as dit nog meer as ‘n 100mm die afgelope week gereën het en al die damme loop oor, dan word dit so lekker rustig in my hart.

Read Full Post »

 

Nou die aand vra ek die kinders of hulle kan dink dat Ouma ‘n motorfiets gehad het?  Ek dink die naaste aan ‘n antwoord was seker iets soos: “Huh??”

(foto: M Haakman)

 

 

Ek was regtig opgewonde om hierdie kiekie van een van my onderwyseresse se seun te kry (hy is die seuntjie in die foto), ons het nie ‘n enkele foto van die blou blits nie en hy het baie baie myle se diens gedoen.

Read Full Post »

Blink druppel op die blaar

klits haar weerkaatsing,

ondeunde glimlag terug.

Sy vee saggies daaroor,

laat dit in duisend silwer stukkies spat –

eweredig ingeryg op ragfyn spinnedraadjies,

glinsterogies op die broosfyn blommetjie,

blinkertjies vir lankdun grassprietjies.

Selfs ‘n paar vir ou Stokgogga

wat heen en weer op die takkie wieg,

haar aandagtig beloer.

 

Haar taak is voltooi,

daar breek die lemoen oop

met sy kleure op die horison,

tint die wolke pienk en pers

met vuurkleur verf.

Sy pak haar kwassies gretig op,

hop haastig by

menige oggendskeppertjie verby.

Aanloklik wink die blaar vir haar,

sagte knusse bedjie

met haar eie veertjie-kussing.

 

(NS: Ek is soooooo dankbaar vir die laaste dae se reën.  Dis so lekker om vanoggend op FB te sien hoe al die mense in Namibië se opdaterings oor reën gaan :))

 

 

Read Full Post »

Sjoe!

 

Verligting!

 

My rekenaar is toe darem sonder te veel permanente skade herstel.  Ek sal natuurlik heelwat meer gereeld back-ups maak van nou af, gelukkig het daar sagteware saam met my eksterne hardeskyf gekom om dit sommer outomaties te doen.

 

Ek watch julle!

 

Dankie toggie…

Read Full Post »

 

Ek is hier, ek is net neukenaarloos.  Nou al van die naweek af.  Miskien kry die IT-ouens hom reg, wie weet.  Wie weet ook wanneer so ‘n gebeurtenis moontlik mag plaasvind.  So intussen ploeter ek maar voort op ‘n ander klein speel-speel laptoppie wat hopeloos te klein vir my vingers is, maar dit was darem makliker as om my hele iMac saam werk toe te sleep. 

(Ja, ek kon seker by die werk ‘n “loan unit” of watookal gekry het, maar dis net veel makliker soos wat dit nou is.)

Ek pak sommer my goed op en gaan plaas toe!!

Read Full Post »

Ek is mal oof Metallica.  Vanoggend luister ek na hierdie, toe dink ek: dis darem ‘n wonderlike pa wat vir sy seun so ‘n mooi wiegeliedjie skryf!

 

Enter Sandman


Say your prayers little one
Don`t forget my son
To include everyone
I tuck you in
walk within
Keep you free from sin
‘til the sandman he comes

Sleep with one eye open
Gripping your pillow tight

Exit light
Enter night
Take my hand
We’re off to never never-land

Something’s wrong, shut the light
Heavy thoughts tonight
And they aren’t of Snow White
Dreams of war
Dreams of liars
Dreams of dragons fire
And of things that will bite, yeah

Sleep with one eye open
Gripping your pillow tight

Exit light
Enter night
take my hand
We’re off to never never-land

(whisper)
Now I lay me down to sleep (x2)
Pray the lord my soul to keep (x2)
If I die before I wake (x2)
Pray the lord my soul to take (x2)

Hush little baby don’t say a word
And never mind that noise you heard
It’s just the beasts under your bed
In your closet and in your head

Exit light
Enter night
Grain of sand

Exit light
Enter Night
Take my hand!
We’re off to never never-land

Yeah, ha ha ha

Boom

Yeah, yeah
oh, whoa

We’re off to never never-land

Take my hand
We’re off to never never-land
Take my hand
We’re off to never never-land

We’re off to never never-land

Read Full Post »

 

 

 

‘n Paar mense het in my inskrywing oor o.a. klappers verwys na hoe bang honde vir donderweer is.  Toevallig sien ek vanoggend hierdie stukkie van Breyten Breytenbach (uit Lewendood) raak:

 

3.7 (Transvaalse donderstorm en Bolander)

 

sjoe! die wolke bots:

daas wier iewers fout

meddie verkeersligte da boe!

 

Dit het my nogal laat glimlag!

 

 

Read Full Post »

Older Posts »