Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘water’

Uit ‘n artikel deur Geraldine Bennet op Moneyweb (http://www.moneyweb.co.za/mw/view/mw/en/page292523?oid=511514&sn=2009+Detail&pid=287226) (verskoon maar die tipiese Afrikaner bashing aan die begin van die artikel):

“Limping-Limpopo

Anthony Turton, a Professor at the University of Free State Centre for Environmental Management, has noted that the Limpopo River basin has the highest water crowding in the country.

“Water crowding” is a global benchmark of sustainability and can be thought of as the number of people per standard unit of water (1m cubic metres).

A water crowding above 2 000 is associated with social instability and is known as “the water barrier” beyond which survival is possible only with massive injections of technology; and a value between 1 000 and 2 000 is considered to be water stressed. In fact a value of 1 000 is accepted as the reasonable upper limit that a given water supply can sustain over time and still retain its resilience to environmental shocks like drought.

No evidence exists of countries continuing to function as cohesive social and economic entities above the value of 2 000 (with the only known exception being Israel a technologically advanced society).

The water crowding for the Limpopo Basin was 4 219 in 2000 and is projected to be a staggering 4 974 in 2025. This will be more that 2.5 times higher than the globally accepted limit of social stability.

According to Turton, this suggests that the Limpopo will be the first region of South Africa to transition into social instability driven by endemic water scarcity, and thus a region to be watched with considerable interest by corporations, government, academia and ordinary citizens alike.”

Almal praat praat praat maar niks word gedoen nie. HKGK.

Advertisements

Read Full Post »

 

 

Kyk bietjie na die foto hierbo.  Wat sien jy?

 

Sommer net ‘n deurmekaarspul?  Wonderlike interessante patrone waaruit mens prentjies kan opmaak soos wanneer jy op jou rug lê en wolke kyk?  Vuil gemorswater?

 

 

Die werklikheid is nie altyd so voor die hand liggend soos wat dit met eerste oogopslag lyk nie.  Partymaal is stinkende skuimwater eintlik kraakvars water wat in die berge deur duisende bome se stamme en wortels tee-bruin gekleur is nadat dit oor ‘n stroomversnellinkie geval het.  Water sonder enige chemikalieë en menslike interferensie (jip, dis ‘n Afrikaanse woord, ek het hom gaan naslaan in die HAT ;-)) wat lekker soet smaak soos boorgatwater wat in ‘n blink straal by die dam se pyp uitspuit.

 

 

 

 

Read Full Post »

Ok, ek het dit nie so beplan nie, maar HerrieMerrie het vertel dat dit vandag Waterdag is, so ek sal al weer oor water skryf 🙂

(Net terloops, daar was uiteindelik gisteraand ‘n PROPER donderstorm wat alles behoorlik nat gemaak het.  Regte donderweer, groot druppels, stromende water, takkies en blommetjies oral op die grond vanoggend, met slaggate vol water wat soos spieeltjies terugweerkaats vanoggend.)

Maar hier is water:

 

Die boorgat stoot water!

 

Nadat mens die teleurstelling van ‘n droë boorgat beleef het en die volgende een op 120m nog nie ‘n druppel water gegee het nie, dan is dit ‘n wonderlike gevoel om die prentjie hierbo te beleef!  Nou moet die sonpomp nog klaar installeer word (laaaaaang storie hoekom dit nog nie klaar is nie).  As mens so sukkel, dan weet jy sommer hoekom mens moet spaarsamig met die water saam.

Read Full Post »