Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Breyten Breytenbach’

Vanoggend is ek weer lus vir ‘n bietjie Breyten.  Eintlik is ek altyd lus vir Breyten, maar dis ‘n ander saak.  Kyk hoe mooi vertel hy van IS in Lewendood:

 

 

 

“mens meet die heelal aan die lengte van jou is

daardie vuurhoutjieland van voorlopigheid

waar leeus op maanlignagte kom

om die lig van die sand te lek

en die duister altyd na truin sal ruik

waar die bome musiek uit die wind kan streel

en hane ’n wagwoord aan die son moet gee”

Read Full Post »

Wanderlust

 

 

Soos Breyten Breytenbach in Veil of Footsteps skryf:

 

The urge to get up and go – to travel, to follow the beckoning horizon, to leave oneself behind and thereby approach inner silences and spaces – that need must be as old as our awareness of mankind.  Stopovers will be places of the imagination but also stations of survival…

 

terwyl jy na Nick Cave en Pink Floyd en Metallica en Andra luister en sommer aan niks dink nie, net die pad in jou gedagtes vasvang.

Read Full Post »

Breyten Breytenbach sê in Katastrofes:

“Die lig val soos ‘n emmer water oor die vloer hy knip knip sy stywe oë soos ‘n uil.  Godverdomme en mens kan nie eers ongestoord oor die dood sit en dink nie.”

Maar help dit om heeldag ongestoord aan die dood te dink? Of gaan die lewe aan, of daar nou sin in is of nie?  Wat in die wêreld het in elk geval sin op ‘n intrinsieke universele vlak?

Weer ‘n maal Breyten (hierdie keer heeltemal uit konteks gekwoteer uit “Lewendood”):

“laat ons die skilde weer poets en die oë weer slyp

die dag kom op soos ’n swaard uit die skede”

Read Full Post »

 

 

“mens meet die heelal aan die lengte van jou is

daardie vuurhoutjieland van voorlopigheid

waar leeus op maanlignagte kom

om die lig van die sand te lek

en die duister altyd na truin sal ruik

waar die bome musiek uit die wind kan streel

en hane ’n wagwoord aan die son moet gee”

 

(Breyten Breytenbach – Lewendood)

Read Full Post »

Woorde van my gunstelingdigter:

maak ‘n gedig

sit dit op soos ‘n gesig

(gedig is om met herhaalde

vlegbewegings van stokkieswoorde

tereg te kom in die voëlnes

van die ander bewussynsboom)

(Breyten Breytenbach, die beginsel van stof: nomadismes (‘n fragmentarium))

Ek wens soms dis makliker om in die ander bewussynsboom te klim sonder veiligheidstoue.

Read Full Post »

Breyten Breytenbach se nuutste bundel, “die beginsel van stof” is onlangs vrygestel en vir my is daar soos altyd hope om my in te verlekker en in te neem.  Dit het my ook weer laat dink aan my skrywe oor die vervlakking van my skryfwerk:

Om na ‘n lang stilte weer die steiltes (die stellings

en die stellasies) van die woord te wil uitklim.  Maar stilte

is goed, is brood.  Jy moenie te veel torring aan die vuur nie.

Die gedig is immers die hand wat soos ‘n skaduhond al

langs die woorde loop.  Om af en toe ‘n been te lig.

(Uit: Wanneer die wêreld onder ons vlerke wit is)

en uit “Nomadismes”:

die weerspreking is daar:

hoe om die woorde te ry

asof hulle betekenisvlees is

en in die beweegweging ‘n ek te verwek

wat jy mag lief kry

Miskien moet mens jouself maar net partymaal ‘n bietjie self ‘n break gee…

Read Full Post »

 

 

 

‘n Paar mense het in my inskrywing oor o.a. klappers verwys na hoe bang honde vir donderweer is.  Toevallig sien ek vanoggend hierdie stukkie van Breyten Breytenbach (uit Lewendood) raak:

 

3.7 (Transvaalse donderstorm en Bolander)

 

sjoe! die wolke bots:

daas wier iewers fout

meddie verkeersligte da boe!

 

Dit het my nogal laat glimlag!

 

 

Read Full Post »