Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘boorgat’

Ok, ek het dit nie so beplan nie, maar HerrieMerrie het vertel dat dit vandag Waterdag is, so ek sal al weer oor water skryf ūüôā

(Net terloops, daar was uiteindelik gisteraand ‘n PROPER donderstorm wat alles behoorlik nat gemaak het.¬† Regte donderweer, groot druppels, stromende water, takkies en blommetjies oral op die grond vanoggend, met slaggate vol water wat soos spieeltjies terugweerkaats vanoggend.)

Maar hier is water:

 

Die boorgat stoot water!

 

Nadat mens die teleurstelling van ‘n dro√ę boorgat beleef het en die volgende een op 120m nog nie ‘n druppel water gegee het nie, dan is dit ‘n wonderlike gevoel om die prentjie hierbo te beleef!¬† Nou moet die sonpomp nog klaar installeer word (laaaaaang storie hoekom dit nog nie klaar is nie).¬† As mens so sukkel, dan weet jy sommer hoekom mens moet spaarsamig met die water saam.

Advertisements

Read Full Post »