Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘jakaranda’

Jakarada's in die blom

Ek ry meestal soggens (veral in die winter) werk toe voor die son sy kop uitsteek, so ek vat partymaal ‘n bietjie lank om te sien wat om my aangaan.  Hierdie jaar was dit vir my opmerklik hoe die jakarandabome nog een dag kaal en vaal met hulle takke in die lug rond gevoel het en toe net op ‘n dag skielik oortrek was van die malse pers blommetjies.  Oor die volgende paar weke gaan die ligte pers skynsel lyf kry en dan later is dit net die tapyte vol blommetjies in die strate en op al die dakke.

Dietes grandiflora

Ewe skielik raak die tuin lewendig van die Dietese wat pragtig simmetries blom en die Agapanthusse wat hulle towerstaffies begin rondswaai in blou en wit, langes en kortes.

Ek is mal oor lente!

Advertisements

Read Full Post »