Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘tuin’

 

Ek weet nou nie of mens dit nog herfs kan noem as dit ses grade in die oggend is nie (ek het amper daaraan gedink om vanoggend my handskoene aan te trek toe ek werk toe ry).  Maar hierdie jaar se herfs, waarskynlik na die baie reën en koel somer, is meer intens en kleurvol as wat ek dit kan onthou van vorige jare.  Soggens as die son begin opkom skyn dit goue glitter op die grasperk waar die neutboom sy blare en pekanneute op die gras strooi as niemand in die nag kyk nie.  Die hadeda’s se blougroen vere flits in die son as hulle snawels die in die grond wurmpies oppik.  Bedags begin dit lekker raak om in die sonnetjie te sit en lees sonder om ongemaklik warm te word.

Herfstuin

Soos Ingrid Jonker geskryf het:

Moenie slaap nie, kyk!

Agter die gordyne begin die dag dans

met ‘n pouveer in sy hoed

Read Full Post »

Oorvloed

Armsvol blomme uit die tuin

‘n Oorvloed blomme uit die tuin.  Hande vol magrietjies en laventel in klein ronde potjies en arms vol lelies in malse bosse op die stoep, terwyl die ander nog heerlik vir die suikerbekkies en bye en skoenlappers wuif in die tuin.  Stadig maar seker maak die somer sy opwagting…

Read Full Post »