Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for September, 2010

‘n Groen artistjok met dik stekelrige blare en ‘n sagte hart op ‘n bloedrooi kussing.  Mooi, stekelrig en lekker!

Advertisements

Read Full Post »

Oorvloed

Armsvol blomme uit die tuin

‘n Oorvloed blomme uit die tuin.  Hande vol magrietjies en laventel in klein ronde potjies en arms vol lelies in malse bosse op die stoep, terwyl die ander nog heerlik vir die suikerbekkies en bye en skoenlappers wuif in die tuin.  Stadig maar seker maak die somer sy opwagting…

Read Full Post »

Flambojantboom met bloedrooi klere (foto: A von Moltke)

Kleintyd was daar in Grootfontein die pragtigste groot flambojante met hulle dieprooi blomme, wat later peule met lang pitjies geword het wat jy kon skud soos ‘n ratel.  Dit was die lekkerste klimbome van almal, maar hulle het die heeljaar deur gemors – as dit nie peule was nie was dit stokkies, as dit nie blare was nie was dit blommetjies.  Vandag is oom Paul (ons buurman) nie meer daar nie en die boom op die foto het ook al na ‘n beter plek gegaan.

Laaste wat ek van hierdie bome gesien het (hulle groei baie lekker in die Limpopo provinsie) was in Brasilia al langs die strate, baie soos in Grootfontein.  Groot, rooi rustige boomklimbome.

Read Full Post »

Later, so mettertyd, dan begin jy agterkom wat eintlik alles weg is, van al die goed wat jy nie met die eerste oogopslag gesien het en vir die polisie van vertel het nie.  Later wanneer jy ‘n lig soek om buite by die vuur in die lapa te gaan sit.  Later wanneer jy afdroog en sien hulle het net een handdoek oorgelos (gelukkig darem).  Later wanneer jy wonder hoekom hulle net die een bol sokkies met die gate in gelos het en die overall-baadjie.

Later wanneer jy onwillekeurig dink aan die speurder wat so rondgekyk en net gesê het: “Hulle kom terug” en jy weet dis maar net ‘n kwessie van tiek-tok tik die tyd af.  Amper soos wanneer dit weer jou kans is dat alles rondom jou tot pikswart roet en vaalgrys as verbrand word.

Read Full Post »

Gedenkteken in die maanlig

Gisteraand se amper-volmaan het my laat dink aan ‘n foto wat ek een aand by die monument aan die bokant van die dieretuin geneem het.  Hulle was besig met konstruksie by die museum en ek het eenvoudig die sinkplaat eenkant toe geskuif om in te kom.  Ongelukkig het ek net my klein kamera byderhand gehad, maar dit gee darem ‘n idee van die asemrowendheid van die maan daardie aand.

Engel oor Johannesburg

Die engel op die Oorlogsgedenkteken lyk of sy wag hou en uitkyk oor die ouer voorstede van Johannesburg en met die min of meer oos-wes sig vanaf die straat maak dit laatmiddae ‘n ongelooflike prentjie soos die son sak.

Binnekant van die gedenkteken se dak

Name op die gedenkteken se muur

Aan die binnekant van die mure van die gedenkteken is die name van die Rand Regiments soldate wat gedurende die ABO gesterf het.

Read Full Post »

Ou skoffel

Die ou skoffel lê maar net daar langes die tweespoorpaadjie.  Almal stap daar verby en sien hoe die gras al langer en woester begin rank.  Hoe het hulle die skoffel daar gekry? Met ‘n wa of met ‘n trein? Hoe het dinge toentertyd van Durban af tot daar gekom?  Hoekom is die skoffel in Durban gebou? Waar het hulle die staal vandaan gekry?  Wie was Kennedy en Rayner?  So lê en verroes die goed maar daar eenkant terwyl almal aangaan met hulle lewe…

Read Full Post »

Reën

Reënwolke naby Gobabis

Ek wens ek wens dit wil bietjie kom reën.  Lekker groot plonserige druppels wat jou sopnat maak en na pannekoek laat verlang.  Met lekker toringwolke wat in die wind verby bondel en patroontjies maak in die lug.

Read Full Post »

Older Posts »