Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘koolstoof’

Ellis de Luxe koolstoof

Langs die stoof met die knetterende houtjies rooi deur die “tronkdeurtjie” en die klik-klak soos die yster warm word.  Ons sit en gesels langs die tafel onder die flou liggie waarin ‘n mot om en om klatervlieg.  Die glase rooiwyn is al vingergevat en die leë bakke eetgoed is eenkant geskuif op die groot kombuistafel.

Ons praat en wonder oor vooroordele en wonder of mense die lyne wat hulle woorde trek verstaan, besef hoe die woorde wat hulle iewers in ‘n bos fluister later penne in hulle vriende se harte slaan.

Dan kyk ek alleen op uit my dag(nag)droom, maak die stoof vol, skink nog ‘n glas wyn en lees verder aan die soveelste Breyten-boek.

Read Full Post »