Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for Januarie, 2011

 

Met die instap in my kantoor vanoggend laat iets my dink aan die liedjie wat ons altyd in Tannie Trien se sangklas gesing het op laerskool:

 

Sing jy van blomme of sing jy van geld?

Sing jy van blomme of sing jy van geld?

Nee, nee, nooit nie van geld.

Nee, nee, nooit nie van geld.

 

Dis jare sedert ek laas die liedjie gehoor het en seker nog meer jare vandat ek dit gesing het.  Ek wonder wat het my daaraan laat dink?

 

Musiek op jou oë

Advertisements

Read Full Post »

 

Ek kon nie anders om die naweek die dogtertjie af te neem met haar funky sonbril nie 🙂

 

Te cute vir woorde

Read Full Post »

 

Op Kersdag het die wind die see platgewaai en ons kuiwe puntgedruk in die souterigheid.  In die laatmiddag het die son die hemel op die sand geteken en ons ingesluk waar ons langs die watertjies skulpies optel.

 

Read Full Post »

Uit die tuin

 

Stap ‘n bietjie hier in die tuin, drentel daar rond.  Pluk ‘n blommetjie hier, slaaiblare daar.  Knip ‘n paar takkies kruie en ruik aan jou hande.
Op die tafel lag die slaai die ete in…

 

Kruie- en blommeslaai

Read Full Post »

Mense van glas

Het julle al agtergekom hoe besig ‘n lugdiens se grondpersoneel raak met allerhande goedjies en hoe hulle orals kyk behalwe vir die touende passasiers as hulle wag dat die vliegtuig gereed gemaak word om te vlieg – so amper of die passasiers deurskynend en van glas gemaak is.

Read Full Post »

Perdry was maar nog altyd in my bloed en min of meer van sy eerste skree af was my een seun versot op perde.  Nie almal in ons familie hou so baie van perde nie, maar daar is net iets aan die lewendigheid en interaksie wat perdry ‘n spesiale plekkie in my hart gee.

Hier is ‘n paar kiekies van ons spul perdryers en perderuiters oor die jare heen (verskoon maar die kwaliteit, meeste van die foto’s is ingescan.  Ek weet ongelukkig nie wie het al die foto’s geneem nie, so ek kan ongelukkig nie behoorlik erkenning gee nie):

My oupagrootjie in sy pak klere op Prins

My oupa ry gimkana*

* Ek was altyd onder die indruk dat dit “gymkhana” soos in Engels gespel word, maar hierdie is die regte spelling volgens die HAT.  Die woord kom van die Hindi-woord “gendkhana” wat balhuis of raketbaan beteken.

My pa doen 'n handstaan op sy perd

My pa is geweldig sterk.  Hoe hy die perd so mooi stil laat staan het weet ek nie regtig nie.

Ek en my broer met ons perde

Ek is verskriklik spyt die kwaliteit van hierdie foto is so swak, ek is mal oor die foto!

My seun op Sugar

“Pappa, hoe leer mens na skool vir ‘n perderuiter?”

Read Full Post »

Die rustigheid van ‘n nuwe jaar, na die dollerige uitrus van ‘n somervakansie aan die ander kant van Zdeñek se wêreld, klim in sy neusgate op en waai die donker wolke van permanente bedonnerdgeit geleidelik oor die horison.  Hy verlang terug na die kluitjies en goelash van U zlateho tygra, befaamde Goue Tier-kroeg in Husovastraat, die eeue-oue plaveiselsteentjies wat sy voetstappe in die laatnag weerklink.  Hy dink aan Ludmilla met haar kierie wat klop klop op die sypaadjie stap met haar toegeknoopte swart leerjas, haar gemaklike hare-uit-die-oë swaai, hoe ver sy voel op sulke dae.

Milos kom sopnat gesweet met sy Oakley-sonbril bo-op sy pet soos ‘n wafferse eietydse Afrikaanse boerseun uit die veld gestap met die rooi houtkappersbyl oor sy skouer.  Al kan hy homself lekker help in die vreemde boere se taal kon hy die swaar lomp byle van die ko-öperasie net nie baasraak nie.  Deesdae sukkel hulle nie meer met hom nie, as hy die byl twee maal op die grond geklop het en dan gemaklik op en om swaai is daar min manne in die omgewing wat kan byhou. Hy waai vir Zdeñek en beduie vir dié om solank ‘n glas wyn te skink.  Hoe gaan dit met Franz Havel wonder hy? Na die messteek-insident met Tomas Hruska het Franz moeilik teruggepas in die oor-die-wêreldvliegery om Karossa-busse te smous aan munisipaliteite.  Elke vreemde kyk, elke grenspos het net gedreig om te veel te word.  Selfs die vakansie hier by hulle op Eenzaamheid het nie veel gehelp nie.

Onder die groot apiesdoringboom sit Zdeñek en Milos en kyk uit oor die rustigheid van die oorvol gronddam sonder om te praat.  Elkeen se gedagtes tuimel oor sy eie berge en af in klowe tot Zdeñek sy glas neerplak, opstaan en met “Ek moet vir Ludmilla gaan kuier” omdraai en kamer toe stap.

Read Full Post »

Older Posts »