Beide my ouers onderwysers, so ek het min of meer in ‘n “onnie-huis” groot geword. Ek weet nie of dit maar net is oor hulle spesifieke (baie uiteenlopende) geaardhede nie, maar spelling was nogal altyd deel van leer lees en skryf. My pa kry nou nog die horries as hy van my skryfwerk lees en ek meen ek spel darem oor die algemeen nie te vrot nie.
Aan die ander kant van die spektrum het ek heelparty vriende op Facebook wat ook onderwysers is – in vele verskillende vakrigtings. Ek staan soms (let wel SOMS, nie ALTYD nie) verstom as ek kyk na die spelwerk wat gepleeg word as van my onnie-vriende soms hul statusse opdateer. Ek weet nie, ek weet regtig nie – miskien bly ek op ‘n ander planeet om te dink dat mens min of meer moet kan spel om behoorlik te kan skryf en jouself skriftelik uit te druk.
Ek dunk ook nie ek speel te frot nie. En ek issie eens i onnerweiser nie ;-)))))
Hehehe! Ja, Kerneelsie…
Lol!
Frot speling kan ‘n mens darram nog uitmaak, maar die SMS “taal” wat gepleeg word slaan my dronk. Ek hoop google translate ontwikkel eersdaags ‘n produk wat dit vir my kan help vertaal.
Die ergste is dat dit nie net skoolkinders is wat so aangaan nie. Vir grootmense wat vir my so skryf sê ek reguit dat hulle maar eerder moet ordentlik skryf. Britse navorsing het bewys dit vat heelwat langer om sulke brabbeltaal te lees as “gewone” taal.
Ek is netso verbaas oor sommige se spelling. Dis die onderwys se skuld. In die ou dae het ons geleer lees, skryf spel en somme maak. Nou is dit hoe ideale en ingewikkelde berekeninge wat selfs die onnie nie kan doen nie, en die spelling en lees bly in die slag. Ek dink tog sms taal, of dele daarvan, gaan ons volgende aanvaarde afkortings word.
Ek twyfel Seegogga, dit het bittermin om die lyf.
Jammer, jammer, jammer! Ek weet ek is self skuldig 😦
Ek probeer egter deesdae baie harder omdat ek weet ek word fyn dopgehou. 😉
Dis allermins op jou gemik! En jy’s mos nie ‘n onnie nie?!
Die sms “taal” gaan nie so seer oor die spoed waarteen die ontvanger dit kan lees nie, maar eerder om soveel as moontlik met jou 160 karakters te kan sê. En wie moet ons bedank???? Die hebsugtige netwerke. Kos dit regtig dubbel die tarief as jy 161 karakters gebruik?
Ek weet darem nie van die 160 karakters nie, daar kom te veel kort smse en FB status goed by my uit!
My Afrikaanse taalvermoë is skokkend!!!!
Maar dit pla my nie eintlik nie. 😛
EK begin volgende jaar met my HOD en ek neem Afrikaans om dit reg te sien…
Nee wat, jou spelling is darem heel goed!
Geen wonder die Amerikaaners vergryp hulle aan afkortings dit is veilig….lkr nwk….:)
Ja ja ja… hehehe
In ons huis het ons AFRIKAANS (nie gemeng met ander tale) gepraat = ek bedoel, in ons KINDERHUIS! Nou praat ek ook maar minglish… My ma se vak was afrikaans, so ons het beslis nie spelfoute gemaak nie! maar in ons dae het ons nog punte verloor in ENIGE vak as ons ‘n spelfout gemaak het. Gestel dit was aardrykskunde, en die antwoord was Johannesburg, en jy het dit verkeerd gespel, het jy punte verloor. Deesdae moet dit net AMPER lyk na die woord, dan moet die kind die punt kry!!! kan jy nou meer!!!
Dankie tog vir speltoetsers 🙂
Hoeveel is spelfoute en hoeveel is tikfoute?
Ek dink baie van die spelling is dikwels meer ‘n tikfout as ‘n spelfout. Natuurlik behoort almal hulle goed weer te lees. Met die klem op behoort.
Ek maak myself gereeld skuldig aan tikfoute, maar ek soek nie verskoning daarvoor nie, dis blote slapgatgeit om nie eers ‘n bloginskrywing te lees voor jy die knoppie druk nie.
Om te kan spel sit in die gene (soos wat wiskunde nie in myne sit nie), maar die toepassing sit in kognitiewe dissipline (verwys my skrywe FOK weet), ek dink ons is soms net te lui – ek korrigeer nou nog die seuns se sms’e (fliek met ‘n F!) sms ek altyd terug, maar mama kan een m hê omdat dit ‘sms’taal is.
Ek dink jy dink reg oor die lui deel 🙂