In st 7 het ek op ‘n kamp gegaan waar ons, soos wolfhonger tienerseuns betaam, rondgekrap het en uiteindelik ‘n blikkie boeliebief en ‘n blikkie mielies bymekaar gegooi (dit was effens gebrand na ons nagmars en die “wag” wat bietjie skuins gelê het, maar honger is mos maar die beste kok). Dit was die eerste dis wat ek my ma leer maak het, al het sy aangedring om uie in te kap en die spul op kapokaartappels te bedien…
Boeliebief-en-mielies is tjoef-tjaf klaar. Rof en onbeskof reg om jou te oorweldig vir ‘n Saterdagmiddag niksdoenete.
En dan eet jy op ‘n slag beesstert wat vir 2 dae gemarineer en ‘n dag gekook is, jy lees v aalwynkonfyt wat dae vat om te maak en ciabatta wat oornag insuur. Stadig maar seker, in ‘n wêreld wat vir niemand wag nie, raak dit lekker om soms boelie-en-mielies of tamatiepasta met tuna te maak wat ‘n kwartier later deur honger stofsuiertjies opgeslurp word terwyl die chilli-sous op die stoof prut, of beesstert wat heeldag bloep-bloep fluister en begin uitmekaar val eers as jy die aand begin tafel dek.
Daar is min dinge so lekker soos om ‘n ystervark-gevrete pampoen se gate weg te sny, dit saam met kraakvars jong wortels, met uie en knoffel wat ook pas vars asem begin haal het, te bak in heerlike vars olyfolie en balsamiekasyn, of ‘n bak heel varsgelukte tamaties met net ‘n skeut olyfolie, peper en ‘n paar heel toontjies knoffel.
Maar helaas…. die vakansie voel of dit ‘n jaar gelede gebeur het, so my kokery is vir eers weer beperk tot naweke 😦
Ek mis alreeds my broodbakkery en konfytkokery, tamatiedrogery en al daai dinge.
You’ve made me hungry!
I’m glad 😉
En nou is ek honger. Jy praat kos darem vreeslik lekkerbekkig hoor! Daardie beesstert…
Eendag sal ek seker nog vir jou kan beesstert kook 🙂
Soos iemand gister daar op my blog kwyt geraak het: Beloftes maak skuld! 😀
ek weet nie wat is slow food in Afrikaans nie, maar ek weet ‘slow food is an attitude’
Dit is beslis!
en ek het gedink ek gaan nie kos maak vanaand nie. Gelukkig het my man nie hierdie post gesien nie!!
Hehehe!
[…] Ek moet nou ook 5 mense in die beskuldiging bank sit. Ek ken nie eers 5 mens nie, maar kom ek probeer. Laviga; Knipoog; Krappie; Charms en vir Leon. […]
Gelukkig is dit more naweek.
slow food = heeldagkos ?
Trooskos. Slow food is trooskos.