Ons is nog nie eers by die helfte van winter nie, al begin ek alweer regtig uitsien na bietjie warmte en vogtiger lug. Saam met die koue en skurwe elmboë kom darem ook die troppe rooibokke, die groot njalabul met sy geel sokkies en swart skoene, die skaam ribbok en die trosse rooi en oranje aalwynblomme.
Advertisements
Elke seisoen het sy eie mooi, en ek weier om tyd (en seisoene) om te wens. Maar ai, die Overberg word darem nou SO mooi, en ek kan nie wag vir die Canolalande nie!
Ons het vandag hier ‘n somersdag, eintlik al so van Saterdag af. Ek sit eintlik in spanning en wag vir die koue, dat die my slaan.
Ek is ook ‘n Overberger. Ek weet daar is baie mense wat nie van die winter hou nie, maar ek is MAL oor die Kaapse winter, die wind, die reën!! Sop, snoek en patats! Ek voel altyd die winter is minstens 2 maande te kort!! 🙂
Wow, die foto laat my dink aan Warburton waar die ryp teen 10 / 11 uur soggens nog wit matte in die skadukolle was. Waar ek ook maar soggens die yslaag op die hoenders se waterbakke moes gaan stukkend druk. Waar ek emmers water moes aandra na die bakke omdat die tuinslang toe was met die ysproppe.
Ag, it’s beyond a joke now, I’m really a summer girl and I’ve had enough 😦
Ek stem saam met Cindy…winter is 3 maande te lank.
Die Kaap wag nog vir haar winter. Ons loop kortmoutjies soos apies rond, maar ek ken daai water-glas-oggende. Sjoe, dan voel mens so ALIVE as jy die yslug diep in jou longe optrek!