Gister het ek toevallig gedink aan die twee inbrake wat ek op die plaas gehad het, minder as ‘n jaar uit mekaar uit. O ja, en die twee krane wat gesteel is (245 kubieke meter water later) wat op die ou end net kort van ‘n duisend Rand gekos het – die diewe sou seker nie R50 gekry het vir die krane nie.
My ouers bly op ‘n plaas so ietsie oor ‘n 100km van Gobabis af in Namibië. Die afgelope paar jaar is daar reeds vier maal by hulle ingebreek en elke keer groot verwoesting gesaai. Drie van die vier maal was op ‘n Sondagoggend terwyl hulle kerk toe is op die dorp. Die laaste maal het hulle die bakke se voorruit uitgesmash en sakke gemengde beeslek oor die hele bakkie uitgesmyt omdat hulle nie die bakkie aan die gang kon kry nie. Hulle het een van die deure kosyn en al oopgebreek om in die res van die huis in te kom. Die buffet wat my pa by toe ek baie klein was gekoop het en wat nog uit die Duitse tyd kom en wat hy met groot liefde en moeite pragtig restoureer het het hulle met ‘n yster gesmash om by die drank te kom (die deurtjie was nie eers gesluit nie).
My pa begin nou stadigaan weer af en toe kerk toe gaan, maar vir ‘n lang tyd het hy nie sy voet van die plaas af gesit op ‘n Sondag nie. Nie om kerk toe te gaan of te gaan kuier of enigiets nie. As jy plaasmense ken, dan weet jy dat mens of kerk toe gaan of gaan kuier by jou familie of vriende op ‘n Sondag.
Ek het groot geword doer anderkant Grootfontein, so 150 km van beide Angola en Botswana af. Saans het ek buite op die stoep geslaap en baie die bliksem in geraak as my ouma snags die deur sluit en ek nie die volgende oggend in die huis kan inkom nie. Die plaashekke was nooit gesluit nie, die deure… ja, ons het gewoonlik darem onthou om hulle te sluit as almal nie in die huis is nie.
Die punt van my bloginskrywing? Ek weet nie eintlik nie.
It’s just horrible 😦
Woorde wat my die week al heel week pla, is die oom wat klein Willemien Potgieter se kruis ingeslaan het by die witkruis monument verlede naweek, en toe gesê het:”Oor vyf jaar staan ons kruise ook hier…”
Is dit hoe dinge nou al geword het? Ons weet dit kom, ons weet net nie wanneer nie?
Hulle het laas naweek by die hoofhuis op die plaas waar ek bly, ook ingebreek. Niks veel gesteel nie en gelukkig was niemand tuis nie, maar nie eers die alarm en laserbeams het hulle afgeskrik nie. En hulle het meer as genoeg tyd gehad om weg te kom voor die sekruteitsmense opgedaag het. Hoe anders beskerm mens jou goed?!
Voor my pa se dood het hulle agt keer in n kwessie van n paar jaar by die plaashuis ingebreek. (Hy het nie meer daar gebly nie, maar ou meubels is ook stelselmatig verwoes en as brandgoed gebruik). dit het hom OUD gemaak.