Askies tog almal wat ek so afgeskeep het die laaste twee of drie weke. Ek het ‘n nuwe rekenaar sonder snarfer (die programmetjie wat vir my wys wie se blogs almal opgedateer is), ek was (is eintlik nog) siek, ek was op (‘n invalide-tipe in die bed) “vakansie”, so ek het vanoggend 125 blogpostings op my ou rekenaar kom kry.
Ek sal almal mooi deurlees en darem weer kom gesig wys!
Advertisements
Don’t sweat the small stuff 😉
Verskoning aanvaar. Gelukkig is dit nie my inskrywings wat jou inboks se vol gemaak het nie.
Spog jy of kla jy nou??
Bly is oppad herstel toe.
Dankie Olga!
Ek wil ook inval by die askies. soms gaan dit so dol dat mens amper nie eers tyd het om jou eie bloghuisie se vloere te vee nie, wat nog te s♪ gaan kuier by ander!!
Maar dan, ander tye, val ons weer in by mekaar se blogs!
Mooi dag.