Dit klink my jy ken ook die grappie van Koos in die Kruger-wildtuin.
Koos is in die Kruger met sy nuwe kamera en hy wil net als afneem. Kort-kort is hy uit die kar agter dit of dat aan, horende doof vir vroulief se waarskuwings.
Na een van buitenvoertuigse ekskursies draai ou Koos toe om daar sit ‘n leeu tussen hom en sy kar. Hy sak summier op sy knieë en bid: “ag Liewe Heer, laat dit asseblief ‘n christelike leeu wees”, waarop die leeu toe plegtig sy pote bymekaar sit en sê “seën, Heer, die voedsel aan my liggaam”.
😀
Ek dink ook die leeu (en dis ‘n SY, nie ‘n HY nie) het eerder dankie gesê vir die kos na die tyd. Voor die tyd was sy waarskynlik te honger om te dink.
My two cents: mens moet nie net bid vir kos nie (as mens dan geneig is om te bid nie) maar ook elke happie PROE en geniet. Hoeveel keer eet mens nie sonder om eers te registreer hoe dit proe nie. Groot sonde, dink ek!

My ouma het altyd van mamma leeu wat vir Koos vd Merwe gevang het. Toe sy by die huis kom roep sy die welpies: “Kom eet, Koos is op die tafel!” 🙂
Oulik, lyk soos my hond 🙂
Lol!
ja, ek vergeet soms om te bid voor ek eet – as ek by die TV sit. En soms bid ons en dan vra ek – het ons al gebid??
Ek hoop nie daar is biddende leeus by jou TV dan nie Toortsie 😉
Ek het dieselfde foutjie, tot my man se ergenis: Het ek dan nie gekonsentreer toe ons gebid het nie?
“Sweet!” 🙂
Ek het vandag jou boekie in die pos ontvang. Mooi!!!
Ek dink al die heel dag oor die biddende leeu. Is jy seker dis nie ‘n DANKGEBED NADAT HY KLAAR geëet was nie?

Ek stem saam!