Met die instap in my kantoor vanoggend laat iets my dink aan die liedjie wat ons altyd in Tannie Trien se sangklas gesing het op laerskool:
Sing jy van blomme of sing jy van geld?
Sing jy van blomme of sing jy van geld?
Nee, nee, nooit nie van geld.
Nee, nee, nooit nie van geld.
Dis jare sedert ek laas die liedjie gehoor het en seker nog meer jare vandat ek dit gesing het. Ek wonder wat het my daaraan laat dink?
Advertisements
ek dog jou adres by die kantoor het jou daaraan laat dink
Jy ken my mos, loop mos so al singende die dag se werk tegemoet 🙂
wel, as mens jou werk sinende tegemoet loop, kan die dag NET goed uitdraai!!
Meeste mense van ons nasie is mos grootgemaak om te glo dis verkeerd om van geld te te praat – of sing 😉 – dit ondermyn ons vermoë om ‘n billike geldwaarde te koppel aan dit wat ons bied.
Of dit nou iets is wat ons vervaardig en of dit is wat ons dink ons vir ‘n werkgewer aan salaris werd is, die oomblik wat iemand vir ons vra hoeveel geld ons wil hê, vries baie van ons en begin stamel en stotter en skep die geleentheid vir die ander party om ons te onderwaardeer.
Ek sal nooit die keer vergeet wat ‘n joodse kliënt op een van my kwotasies gereageer het deur te sê “You can never make me quality furniture for that price” en toe ek sê maar dis my standaard prys, toe beduie hy vir my ek moet ‘n prys maak waarteen ek rerig lus sal wees om die werk te doen.
Die jood het ‘n punt beetgehad!!
Hy was ‘n groot sakeman wat in daardie stadium die monopolie op ingevoerde italiaanse skoene gehad het (dalk moes ek vir hom gesê het hy moet ‘n paar pare van daai beauties by die deal ingooi om my werklus te boost), maar ek het nogal sedertdien geleer dat mens baie lekkerder die middernagolie brand as jou vergoeding na behore is 🙂
Hierkry mens nou mos ‘n goeie sakevernuflessie! Hoekom voel ek altyd so skuldig om mense geld te vra vir werk gedoen?