- As die son so van die een kant af op sulke diepblou donderwolke skyn, dan lyk dit pragtig uit my kantoor uit.
- Ek is bly dis naweek, hierdie week begin nou neig om effens lank te raak.
- Dit sou dalk lekkerder gewees het om plaas toe te gaan as om die pantomime te gaan kyk, maar ten minste kan ek nou gaan kyk hoe ry my bulletjie perd.
- Soms leer jy mense ken wat op die oog af baie oulik en nice is en dan besef jy later dat dit regtig ‘n ongelooflike nare agterbakse mens is, wat boonop in hulle eie oë vreeslik wonderlik en onskuldig is. Dit laat jou vuil en verkul en onnosel voel dat jy dit nie van die begin af agtergekom het nie.
- Moenie praat met ‘n mond vol kos nie, veral nie as jy dronk is nie. Dis nie vir die luisteraar lekker om kos op sy klere te kry nie.
- Ek hoop regtig die gemeenskap en die regering maak vordering om myne sover te kry om darem ten minste hulle besighede behoorlik wettig te bedryf.
Advertisements
Dit laat jou vuil en verkul en onnosel voel dat jy dit nie van die begin af agtergekom het nie.
Yes, indeed.
Have a wonderful weekend, enjoy the pantomime.
You too Cin!
Dit sou dalk lekkerder gewees het om plaas toe te gaan… Inderdaad!!!
Oor jou vierde blokkie: “Like Like Like”(Ek kry nogsteeds nie so dingetjie om op te click nie. Ek neem aan ek moet gerigistreer wees by WordPress)
Mooi naweek Leon
Skies, ek het getik en gehardloop so gelyktydig. Ek sien nou eers ek spel alweer soos my alie
;-0
Jis, ek moes nou eers weer lees om te sien waarvan jy praat!
(jy moet seker registreer want daar is ‘n knoppie wat jy kan drik ;))
julle val al uit – ek val amper nou eers in vir hierdie vrydag… dit gaan ‘n laaannnnngggg dag word.
Geniet die naweek
Ek hoop dit word ‘n kort dag en ‘n lekker naweek vir jou!
Ai, ek mis daai “random thoughts” – mens jaag so om by te hou met die pas van die lewe, dat mens soms vergeet om stil te staan en die kleiner dingetjies te waardeer. En dis eintlik hulle wat saakmaak, en ‘n groot vet smile op mens se gesig sit 🙂
Sela
Wolkekrabbergedagtes.