Kleintyd was daar in Grootfontein die pragtigste groot flambojante met hulle dieprooi blomme, wat later peule met lang pitjies geword het wat jy kon skud soos ‘n ratel. Dit was die lekkerste klimbome van almal, maar hulle het die heeljaar deur gemors – as dit nie peule was nie was dit stokkies, as dit nie blare was nie was dit blommetjies. Vandag is oom Paul (ons buurman) nie meer daar nie en die boom op die foto het ook al na ‘n beter plek gegaan.
Laaste wat ek van hierdie bome gesien het (hulle groei baie lekker in die Limpopo provinsie) was in Brasilia al langs die strate, baie soos in Grootfontein. Groot, rooi rustige boomklimbome.
Ons het ‘n hele laning van hulle op die plaas gehad. Die laaste keer wat ek daar was (ook alreeds omtrent 18 jaar gelede – jimmel, KAN dit so lank wees??), was hulle nog daar.
Die oumense daar in ons geweste het hulle “flambojangs” genoem, lol!
Julle geweste is mos maar die wille weste, hehehe!
Jaa-a! ‘sop vir jou, ne!
Daardie boom laat my aan ‘n Spaanse Tango danser dink… of dalk die stiervegter se mantel vir ‘n Paso Doble wat so wyd oor die dansbaan fladder 🙂
Jip, dit is nogal hoe hulle lyk as hulle blom Corina!
Ek onthou daai bome van Grootfontein
‘n Klomp van hulle het ongelukkig gevrek PJ, hulle wortelstelsels was blykbaar nie vreeslik diep nie.
Nou trek my hart met ‘n punt huistoe………as ek aan Grootfontein dink, dan dink ek aan die een bakkery op die hoek wat altyd die heerlikste Duitse gebak verkoop het…..gor-gor se die maag!
Jacobs Knipoog, hulle maak nog net sulke lekker meatpies 🙂
Wow, die bome in Limpopo en Mpumalanga dra nie so mals aan die blomme nie. Dis pragtig.