Een van die onthou-ondervindings in my lewe (en ‘n groot voorreg om te kon beleef) was die vlug wat ons van Swakop na Sossusvlei en terug kuslangs verby die wrak van die Bohlen en oor Walvisbaai gedoen het. Die absolute volume van die sand in daardie reuse duine, die rotsformasies, die uitgestrektheid van die woestyn, die verlatenheid van die ou mynbedrywighede was alles deel van die spesiaal-maak.
Ons vlieënier was in ‘n klas van sy eie. Ek het nog nooit voorheen of daarna saam met iemand gevlieg wat beter as hy kan nie.




sjoe, ongelooflike foto’s
[...] volgende dag was daar geen Trol in sig nie, slegs ‘n vlieëer wat vriendelik wapper in die [...]
ek was verlede jaar by daai wrak en het my verkyk aan die jakkalse wat die robbe vang.
vlieg is ‘n vreemde ding
My hart trek nou ‘n baie laaaaaaang punt…
Pragtige foto’s. MOET tog eendag soontoe gaan!
die namib en sy ‘skatte.’ Pragtige fotos.
Namibië is een van die plekke wat ‘n stukkie van my hart gesteel het. Ongelooflike mooi foto’s hierdie!
Ek sou werklik graag eendag so ‘n vlug wou neem oor die woestyn. Pragtige foto’s hierdie.